10 verskillende maniere om musiek te gebruik in jeugbediening vir aanbidding

  1. Praise en Worship met cd’s of dvd’s wat gespeel of getoon word terwyl die groep saamsing. Die voordeel is dat geen orkes benodig word nie en dit ook met ‘n kleiner groep kinders of tieners lekker kan werk.
  2. Blended worship waar verskillende style musiek gebruik word om verskillende ouderdomsgroepe in een ruimte te bedien. Liedere vir kinders, jongmense, jong volwassenes en ouer persone word gekies in elke musiek stel. Dit werk goed in byvoorbeeld ‘n familiediens.
  3. Groot groep praise en worship geleenthede met ‘n orkes. Hierdie kan goed werk in ‘n informele erediens, kategese groot groep, kamp of in ‘n tienerkerk.
  4. Een begeleier (byvoorbeeld op klavier of kitaar) lei ‘n groep in sang byvoorbeeld in ‘n kategese byeenkoms, kinderkerk of op ‘n kamp.
  5. Die begeleidingsgroep van die gemeente gebruik kinders en/of tieners in hul orkes om te sing of instrumente te bespeel. Hierdie werk goed in ‘n gemeente waar daar net een diens is en verskillende style en ouderdomme aanbid saam.
  6. Kinders word betrek deur ‘n paar jeugliedere te sing of deur slaginstrumente uit te deel tydens lofprysing sodat die kinders kan deelneem aan die musiek. Dit werk baie goed in die kindertyd van die liturgie.
  7. Gebruik ‘n lied as ‘n gebed in die kategese of erediens. Die lied kan gesing of na geluister word en kan mbv ‘n cd, dvd of begeleidingsgroep gespeel word byvoorbeeld as deel van sondebelydenis en vryspraak.
  8. Lofdanse, linte, vlae of ander visuele hulpmiddels word gebruik in aanbidding. Hierdie werk goed om jongmense te betrek by lofprysing en aanbidding.
  9. Vertoon ‘n dvd met ‘n lied as deel van die boodskap van die erediens, kategese of kamptema. Byvoorbeeld om na te dink oor hoe om ‘n verskil te maak in die wêreld.
  10. Stel ‘n jeug of kinder orkes saam vir kinder- of tienerkerk of ‘n kamp. Indien jy ‘n jeug orkes kan saamstel, gebruik hulle ook om ander jonger musikante op te rig of ook die res van die gemeente te bedien.