124172615

#imagine 2018: werkswinkel oor tienerdepressie

#puppet ontbloot die waarheid oor tienerdepressie

By die afgelope #imagine belewenis Weskaap het jongmense kans gehad om die werkswinkel by te woon oor depresssie, aangebied deur die talentvolle Johan Laten.  Imagineers het kans gehad om ‘n gedeelte van Johan se produksie, #puppet, te beleef.  Onmiddelik is ons ingetrek in die wêreld van ‘n onderwyser met depressie, en sonder ‘n lesing het ons die feite oor depressie gesien, verstaan, en sommige selfs in hul eie lewe erken.

Na raming sal depressie teen 2030 een van die grootste siektes in die wêreld wees, en die wanopvattings en gebrekkige kennis wat gemeenskappe het oor depressie, maak die druk op depressielyers groter.

Vir die eerste keer het ek, wat al baie moes eksamen skryf daaroor, op ‘n eenvoudige, praktiese manier die uitwerking van depressie op die brein verstaan.  Dit was opmerklik hoeveel jongmense die werkswinkel wat drie keer aangebied is, bygewoon en waardeer het.

Johan Laten is beskikbaar om #puppet aan te bied by skole, werksplekke en vir belangegroepe.

Enige navrae kan gerig word aan johan@kruispad.com

Gaan loer ook gerus op www.depressie101.co.za

Sulet Brümmer