ONTMOET ANJA

Anja is ‘n jong volwassene in die kerk wat ‘n sekere vaardigheid naamlik bergfietsry, wou aanleer en daarom van ‘n fietsryklub vir vroue deel geraak het. Haar aanvanklike doel was om fikser en terselfdertyd ‘n meer ervare bergfietsryer te word, maar sy het uiteindelik haarself tuis gevind in ‘n gemeenskap wat sy nie wou verlaat het nie, al het sy haar doel bereik.

Die klub het die ruimte geskep waar sy hierdie bergfiets vaardighede kon leer, maar waar sy ook kon veilig voel tussen ander mense (‘safety in numbers’) en waar sy bemagtig kon word. Sy het egter ontdek dat dit veel meer waarde het – hierdie vroue in die klub het nie net hulself bemagtig nie, maar ook vroue in die gemeenskap se lewens aangeraak.

Hulle bemagtig vroue wat mishandel is deur hulle ook aan fietsry bloot te stel en hulle in die sport toe te rus. Hierdie groep is ook nou by ander gemeenskapsprojekte binne nabye informele nedersettings betrokke. Anja vind haarself nou meer tuis in die klub as in die kerk.