Dinkjeug Nuus Mei 2018

Hier is die opleidings geleenthede vir predikante, jeugwerkers en jeugleiers in die volgende paar maande. Belê in jou gemeente se jeugbediening deur self in te skryf, en ander saam te bring vir een of meer van hierdie kursusse. VBO punte kan vir al dié kursusse verdien word.

Generate Konferensie

1-2 Junie 2018, Doxa Deo Langeberg

#imagine ignite (#imagine se leiers toerusting been) vind hierdie jaar in samewerking met die Generate Konferensie plaas. Internasionale sprekers oor ‘n verskeidenheid jeugbediening temas. Besoek gerus http://www.generateconference.co.za vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

Winterskool

5-7 Junie 2018, Teologie Fakulteit Stellenbosch

Tema: Justice, Reconciliation and Unity: Rediscovering the power of the Gospel.  Daar is ‘n paar werkswinkels met ‘n jeug fokus.

Inskrywings by Wilma (wler@sun.ac.za)

VBO: Berading met die hulp van Facebook

19 – 20  Jun 2018, Communitas

Die gebruik van sosiale media as mediums in die beradings proses.  Aangebied deur Ds. Vian Louw en Dr. Marlé Louw

Inskrywings by Wilma (wler@sun.ac.za)

VBO: Tieners met roeping

24 – 25 Jul 2018   * Residensiële kursus (oorslaap 24 Jul)

Hoe om holisties, volhoubaar en verantwoordelik te dink oor uitreike en sosiale projekte aangebied deur Anriëtte de Ridder en Gielie Loubser.

Inskrywings by Wilma (wler@sun.ac.za)

VBO: ‘n Vars perspektief tot berading aan tieners

7 Augustus 2018, Bellville Uitsig Gemeente

Aangebied deur Kobus Anthonissen

R500pp (sluit die boek “Dansend met die Lewe” deur Kobus Anthonissen sowel as middagete in)

Inskrywings by Bellville Uitsig Kerkkantoor Madeleine Schutzler (getuienis@uitsigkerk.co.za of 021 9194220 soggens)

Kinder Konferensie: Toegerus vir die Toekoms

11-12 September, te Kuilsrivier-Suid Gemeente

Gemik op predikante, jeugwerkers en leiers wat met kinders werk. Sprekers, werkswinkels en stalletjies.

Inskrywings by Ronelle (jeug@sun.ac.za of 021 808 9050)

Familie Netwerk byeenkomste

Maandelikse gesprekke oor Familie onderwerpe (24/05, 19/07, 27/09, 25/10, 22/11) by verskillende plekke.

Word deel van dié netwerk deur een keer per maand dié oggend bespreking by te woon.

Vir meer inligting kontak Ronelle by die Jeugkantoor (jeug@sun.ac.za of 021 808 9050)

 

Ek sien uit daarna om jou by hierdie geleenthede te verwelkom!

Anriëtte De Ridder

Leraar in Sinodale Diens: Jeug- en Familiebediening