#Imagine vat hande met roadtrip247.com

By #Imagine 2018 is ’n splinternuwe bediening vir tieners bekendgestel: roadtrip247.com Roadtrip247.com ontmoet die tieners op die platforms waar hulle die heeltyd is: Hulle skerms.

Roadtrip247.com bring God se Woord in vandag se tienerwoorde. Dit is beskikbaar in Afrikaans en Engels en is heeltemal gratis.:

  • 5 maal per week Padkos (Bybelstudies)
  • 3 maal per week video’s (musiek, onderwerp en stories/getuienisse)
  • 1 maal per week word daar ’n warm tiener onderwerp bespreek

Dit is beskikbaar by:

  • Die websitewww.roadtrip247.com
  • Roadtrip247 in die App Store (IOS en Android)
  • Of WhatsApp jou naam na +27 67 050 1480 en ontvang dit daagliks op jou foon

Die bediening het ontstaan uit kruispad.com en staan ons die leiding van Gerjo Ben van der Merwe en Armandt de Villiers. Albei het aan die Stellenbosche kweekskool afgestudeer.

#imagine en Roadtrip247.com neem hande om die tieners tussen die #Imagine experience’s agter die skerms te bedien