Padlangs-kursus Oktober

’n Nuwe tyd vra baie nuwe dinge, maar wat van OuErSkAp?

  • Hoe hanteer jy selfoon en internet gebruik in ’n nuwe generasie?
  • Hoe beskerm jy jou kinders teen al die invloede in ’n tyd waar hulle toegang tot alles het?
  • Hoe gee jy nie net vir jou kinders goeie waardes nie, maar ook die vaardighedeom die waardes toe te pas en uit te leef?

Ons nooi jou om in te skryf vir die Padlangs Ouerskap-kursus wat Ma – Wo 22 – 24 Oktober by Communitas in Stellenbosch aangebied word.

Hierdie kursus begelei ouers om deur deelnemende, positiewe ouerskap ‘n veilige ruimte te skep waar elkeen in die gesin sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel. Kinders word ook geleer om self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem, om keuses te maak, en so leer hulle selfstandigheid. Die einddoel is ‘n plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede is.

Hierdie kursus word spesifiek so ingerig dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied.

Meer inligting en inskrywingsvorm “click” hier: Padlangs Oktober 2018