Kersfees is ‘n Jesusfees   

Kersboek vir gesinne om betekenisvol saam fees te vier       

Op julle merke … vertel … versier … vier!

Deur Chrissie Kritzinger

Gesinstradisies word mettertyd omskep in die kosbaarste kindertydherinneringe wat kinders waarskynlik eendag weer in hul eie gesinne sal toepas. Kersfees is ’n Jesusfees is geskryf met die hoop dat ’n nuwe tradisie van betekenisvolle Kersfees-rituele in gesinne sal posvat. Hoewel die belangrikste elemente die saamgesels, bid en sing is, sal die handaktiwiteite baie waardevol wees om die boodskap te herhaal, en boonop die jongspan heeldag besig hou!

Bonus: ’n Gratis CD met nuwe sowel as ou bekende kersliedere asook foto’s en instruksies wat aktiwiteite verduidelik.

Hierdie interaktiewe boek met 14 lesse is geskik vir:

  • gesinne met voorskoolse en laerskoolkinders
  • uitgebreide families en vriende wat saam vakansie hou
  • omgeegroepe
  • vakansieprogram vir kinders van die kerk/buurt

Ek kan “Kersfees is ’n Jesusfees” van harte aanbeveel. Ek wens net dat ons dit kon hê toe ons kinders nog in die huis was. Na die reeks gaan kinders nooit weer dink dat Kersfees bloot om die gee van geskenke gaan nie! Hierdie boek gaan Kersfees vir baie hedendaagse gesinne weer werklik ’n Christusfees maak. Nina Smit

Kersfees is ‘n Jesusfees kan bestel word by KidsXpress en is ook in Engels beskikbaar as Celebrate Jesus. Kyk gerus ook na ander beskikbare publikasies vir Kleuter-, Kinderkerk en Jeugaksie, asook Feestemas vir Gesinsdienste.

https://www.kidsxpress.org/index.php/af/joomlaorg/tuisgebruik-in-gesinne

Vir navrae kontak KidsXpress by 021 8528645 of info@kidsxpress.org