Materiaal vir Kategete opleiding

Op die 24ste Oktober het Ringsverteenwoordigers van regoor die Wes-Kaap bymekaar gekom en gesels oor kategete opleiding. Hier is die materiaal en hulpbronne wat hulle ontvang het, dalk is daar iets wat jy in jou gemeente kan gebruik? Jy word ook aangemoedig om jou ring se jeugverteenwoordiger te kontak om in meer diepte oor hierdie materiaal en ander hulpbronne te gesels.

Kliek hier vir Kleingroepleiers opleiding of gebruik hierdie Kleingroepleier opleiding as alternatiewe materiaal. Hier is Wenke vir verhoudingsbou en Wenke vir jou eie geestelike groei wat met kategete gedeel kan word. Om kinders beter te verstaan kan Fases van Geloofsontwikkeling dalk bespreek word. Hier is ‘n SAAM Powerpoint Aanbieding wat jou dalk kan lei en as jou kategete meer moet leer oor Luistervaardighede is daar materiaal daarvoor ook.