Opsoek na ‘n nuwe formulier vir die doop?

Die woorde in die boekie “My doopboek” deur Nico Simpson, kan ook effens aangepas word en gebruik word as ‘n responsoriese formulier, waar die voorganger ‘n paragraaf lees en die gemeente telkens hardop antwoord.

Dit begin só:

Voorganger: Ek het my Seun aarde toe laat kom sodat jy vir altyd naby aan Hom kan leef.

Gemeente: Met die doop sien en hoor ek die beloftes wat God aan God se familie gemaak het.

 

My Doopboek – Jou doop is ‘n geskenk waarmee God vir jou sê…

Teks deur Nico Simpson

Illustrasies deur Aletta Simpson

Verkrygbaar by Bybelmedia (http://eshop.bybelmedia.org.za/product/my-doopboek/)

(R60- Oktober 2018)