dinkjeug

BeatBuddy

If you have ever been involved in the ministry of praise and worship, on large or small scale, you’ve probably heard some worship leaders say that a good drummer is as scarce as hen’s teeth. In my experience this seems to be very true.

I have tried everything, from offering free drum lessons to anyone who wants to learn (even though I knew this would mean that if the person learns fast, it will be at least a few months or even a year before they will be able to play in church), to putting up signs at all the local music schools saying that our church is looking for a drummer that loves the Lord and would like to join a worship team. With all this effort I still struggled to find a drummer that was willing and able to commit to the team. I have had a couple of great drummers over the years but still at times found myself wanting on a Sunday in the percussion department.

One day I stumbled across a YouTube video of a guitar player that controls the drums with a foot pedal and this immediately caught my attention.  This nifty device is called the BeatBuddy. It was designed by David Packouz from Singular Sound and after watching a few video tutorials about it, I realized that this device could become my Worshipbuddy/Drummer.

I managed to get my hands on a BeatBuddy and after playing around on it for a couple of days, I realized that this tool can definitely be of great benefit for many worship leaders who do not have a drum kit or drummers in their churches.  The BeatBuddy comes with 200 pre-made loops and a very big variety of drum beats and fills that can be used right out of the box. You can also buy a footswitch that makes the device more adaptable and realistic.

We as worship leaders know the importance of dynamics. Worship in itself has many different styles and genres. I have found that the pre-made beats on the BeatBuddy does not always accommodate the variety we find in Praise and Worship. For your average modern worship song, you will probably require your drummer to play at least 4-6 different intensity levels as the dynamics of the song builds and fades away. It is because of this very reason that I started to dig into the midi editor tool of the BeatBuddy Manager software.  The biggest benefit of the BeatBuddy is that everything is adjustable and editable. I started playing around on the BeatBuddy Manager software and realized that I can write my own beats and fills to the extent where it is exactly the way I would play it on the drums in church on a Sunday. The songs I have written the drums for are saved on the BeatBuddy’s memory card and freely available whenever I want to play that song again.

The BeatBuddy has been accompanying me to band practices over the last couple of months. It has been giving my band the benefit of drums even though the drummer for that Sunday could not attend a midweek practice. I have used the BeatBuddy live in services when necessary and found it easy to use with the added benefit of sounding great over our system. Some congregation members were amazed by the great sounding drums without seeing a player behind the drum kit.

I have realized that there’s a big need for more Worship song beats on the BeatBuddy, and also more custom parts that can be used for praise and worship as this is an amazing tool to use for this cause. I have started to write drums for Worship songs to be used on the BeatBuddy and published it on my YouTube channel. I play the song using the BeatBuddy, showing how I transition from one part to the next on each video explaining how it’s done. All my beats are free to download and found in a link in the description of each video. Here’s the URL for my channel: https://www.youtube.com/channel/UCeMabfSQd6SuDN6TDyjwERQ

With my drumming background of almost 20 years and my worship leading experience over the last 10 years, I have realized that I am in a very unique position where I can really make a difference on a more global scale by creating drum parts and songs for churches to use. That is why I would like to help churches to acquire the BeatBuddy and also do one on one training where I show how to upload songs and use the BeatBuddy for playing those specific songs in the local church.

I know that playing with a live drummer will always be number one, but the BeatBuddy is definitely the next best thing if you don’t have a drummer for a Sunday.

Please contact me if you are interested in buying a BeatBuddy or would like a demo of how it works, I would love to help out J

Antonie Botha

Worship Sound Solutions

beatbuddyworship@gmail.com

0845454016

Algoa gemeenskapskerk hulpbronne

Algoa gemeenskapskerk het ook ‘n blog met baie hulpbronne. Gaan lees gerus hier oor hierdie gemeente ek loer hieronder na alles wat by hulle beskikbaar is. Hulle het ‘n Blog begin en stel gratis Afrikaanse jeugmateriaal beskikbaar. Hulle skryf hulle eie Sondagskool en Kinderkerk lesse wat alles gratis op die Blog beskikbaar is. Hulle het ook ‘n klomp ander hulpbronne – meestal in Afrikaans – wat ook gratis afgelaai kan word:

BYBEL AKTIWITEITE:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/aktiwiteite/

JEUG FUNAANDE / FAMILIE FUNAANDE:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/

INTERNET HULPBRONNE:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/internet-hulpbronne/

JEUG ALPHA:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/jeug-alpha/

SPELETJIES:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/

#SLEUTELGEDAGTES: Gedagtes rondom belangrike onderwerpe onder andere hoe om iemand na Jesus te te lei

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sleutelgedagtes/

FAN OR FOLLOWER:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/fan-or-follower/

KERSFEES:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/

PAASFEES:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/

PRAISE AND WORSHIP:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/

GEBED:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/

Nadenke oor jong volwassenes en die NG Kerk

Saamgestel deur die Jong Volwassene Leer Gemeenskap (JVLG)

November 2017

Inleiding

Hierdie artikel is saamgestel deur die groep meestal jong predikante in die Wes Kaap Sinode wat getaak is om vir die volgende twee jaar saam te dink en droom oor die bediening aan en deur die jong volwassenes. Hierdie groep noem hulself die Jong Volwassene Leer Gemeenskap (JVLG).  Die eerste drie dag gesprek is gevoer vanuit 3 perspektiewe, naamlik die Amerikaanse navorsing van David Kinnaman van die Barna Institute, opgesom in sy boek “You Lost Me: Why Young Christians Are Leaving Church and Rethinking Faith”, Suid-Afrikaanse navorsing opgesom in die boek “Skokkend Positief – Insigte vanuit nuwe navorsing oor aktiewe Afrikaanse jeug” (redakteurs Malan Nel & Zander van der Westhuizen) en laastens ook die perspektiewe en ervaring van die deelnemers se eie belewenisse en gemeente kontekste.

Wie is die Jong Volwassenes waarvan ons praat?

Ons het tydens die gesprek die jong volwassenes opgedeel in drie verskillende groepe.

GROEP 1: Jong Volwassenes wat die NG Kerk verlaat en nie deel word van ander kerke nie (sien Addendum A)

Volgens die Barna Institute se Amerikaanse navorsing is hierdie groep 60% in die VSA. Dié navorsing dui ook aan dat anders as in die verlede hierdie groep nie weer terugkeer na die kerk sodra hulle hul kinders doop nie. Die JVLG meen hierdie persentasie sal laer wees in Suid Afrika maar dat die tendense soortgelyk is.

Die redes waarom hulle die kerk verlaat val kan as volg opgesom word:

  • Rede 1: Gebrek aan konneksie (gebrek aan diepgaande verhoudings, mentorskap, dissipelskap en geloof belewenisse en groei)
  • Rede 2: Die kerk help nie om my geloof en lewe (roeping) te verbind aan mekaar nie
  • Rede 3: Ek glo nie meer nie as gevolg van my rede (wetenskaplike of teoretiese oorwegings) of as gevolg van my ervaring (seerkry in die kerk)

Let Wel dat indien rede 1 of 2 ter sprake is, persone hul steeds identifiseer as christene, al staan hulle los van die kerk.

GROEP 2: Jong volwassenes wat die NG Kerk verlaat maar in ander denominasies tuiskom (sien Addendum B)

Sommige jong volwassenes beweeg direk na skool uit die NG Kerk na ‘n ander denominasie. Ander beland na ‘n tyd van rond beweeg tussen kerke  (“church hopping”) by ‘n ander denominasie. Daar is ook diegene wat na ‘n tydperk buite die kerk (kerklos) ‘n tuiste in ‘n ander denominasie vind.

Hiervoor is daar ook verskillende redes ter sprake by verskillende persone:

  • Rede 1: ‘n soeke na ‘n ander toelogie
  • Rede 2: ervaring in eredienste
  • Rede 3: groter konneksie (verhoudinge)
  • Rede 4: groter meelewing en diensgerigtheid
  • Rede 5: minder bagasie uit die verlede (nie die konneksie met apartheid nie)
  • Rede 6: meer diversiteit

Daar is nog ander redes ook genoem.

GROEP 3: Jong volwassenes wat bly in die NG Kerk (sien Addendum C)

  • Rede 1: gemak
  • Rede 2: tradisie en waardering vir die NG kerk
  • Rede 3: gereformeerde teologie
  • Rede 4: konneksie
  • Rede 5: geleentheid vir diens
  • Rede 6: kinders se betrokkenheid

Hierdie groep wissel egter tussen passiewe lidmate en aktiewe lidmate. Passiewe lidmate kom selde kerk toe en daar is lae vlakke van konneksie, diensbaarheid en roeping bewustheid. Die teenoorgestelde is waar van aktiewe lidmate.

 

Slot

Wanneer ons dus ‘n gesprek voer in gemeentes is dit belangrik om uit te klaar of ons praat van jong volwassenes buite die kerk, binne ‘n ander kerk of binne ons eie kerk. Geen van hierdie groepe is homogeen nie, en ons moet bewus wees daarvan dat jong volwassenes vir verskillende redes gaan of bly. Wat wel duidelik is, is die volgende tendense:

 

  • Jong volwassenes soek diepgaande, eerlike, opregte verhoudings en konneksie
  • Jong volwassenes soek ‘n ruimte om ‘n eietydse uitdrukking van geloof te vorm en uit te leef
  • Jong volwassenes soek ‘n ruimte om moeilike kwessies te kan bespreek sonder oordeel
  • Jong volwassenes wil graag lewe met ‘n doel en wil graag ‘n praktiese verskil maak

Die Jong Volwassene Leer Gemeenskap (JVLC) nooi jong volwassenes en die kerk uit om saam te dink en te gesels in die volgende twee jaar (November 2017 – November 2019) oor die bediening aan en deur jong volwassenes en saam te reis na ‘n Kerk van die Toekoms wat ook vir jong volwassenes ‘n tuiste is.

 

___________________________________________________________________________

Addendum A

GROEP 1: Jong Volwassenes wat die NG Kerk verlaat en nie deel word van ander kerke nie.

__________________________________________________

Rede 1: Gebrek aan konneksie (gebrek aan diepgaande verhoudings, mentorskap, dissipelskap en geloof belewenisse en groei).

Hierdie mense het die kerk verlaat weens ’n leemte of gebrek aan konneksie met of binne die kerk. Hulle is nie noodwendig kwaad vir die kerk, of is seergemaak deur die kerk nie, maar voel steeds nie dat kerk ’n belangrike rol in hul lewens speel nie, alhoewel hulle hulself steeds as gelowig beskou.

Konneksies en persepsies

Mense wat vir hierdie redes die kerk verlaat het, is steeds baie kere op soek na gemeenskap of konneksie op ’n manier, maar soek dit dan dikwels buite die kerk, nie binne die kerk nie.  In ons ervaring, vind mense wat om hierdie redes die kerk verlaat het, wel konneksies binne klubs, belangegroepe, familiebande, vriendekringe, werksverhoudings, of sosiale byeenkomste.

In baie gevalle, pas hulle hul geloof by hul lewens aan, eerder as om hulle lewens by hul geloof aan te pas. Kerk is iets wat dikwels in die agterkop gehou word, en eerder as ’n soort “klub” beskou wat ‘n diens aan die kliënte moet verskaf tydens lewensoorgange, soos doop, belydenis, trou of begrafnis”. Kerk en geloof is dikwels dus ook net iets wees wat net in krisistye bygewoon / geraadpleeg word.

Verbruikersmentaliteit

Vir mense wat om hierdie redes die kerk verlaat het, kom dit voor of geloof eerder gaan oor wat ‘n mens kan ontvang (sogenaamde “quick fixes” ) as wat ‘n mens kan gee.  Verbruikersmentaliteit speel ‘n groot rol. Daarom, as kerkbywoning opgeweeg word teen ’n ander aktiwiteit, soos strand, sport, hul kinders, kuiers, of vakansie, sal dit eerder wegval. Die kerk maak in die algemeen nie vir hulle sin nie, en daarom beplan hulle nie hul naweke rondom aktiwiteite wat die kerk mag aangaan nie. Die vervulling van wense of behoeftes word hoër geag as die bydra wat hulle kan lewer by ’n kerk.

In baie gevalle, word hul identiteit nie gevorm deur die kerk of hul geloof nie, maar juis deur wat hulle het, doen, of besit. Hierdie self genoegsaamheid bepaal meer hul lewensbeskouing as hul geloof. Hulle soek sin, betekenis en tevredenheid in rykdom, familie, vriende, of sosiale groepe, status, ens.

Baie mense wat hierdie diskonneksie met die kerk ervaar het, het dit alreeds begin ervaar in die tydperk van hul geloofsvorming (as kinders en tieners), en het daarom as volwassenes nie meer ’n sterk behoefte om kerk by te woon of aktief betrokke by ’n kerk te wees nie. Hulle ouers het soms ook hierdie voorbeeld gestel.

Rede 2: Die kerk help nie om my geloof en lewe (roeping) te verbind aan mekaar nie

Ons ervaring is dat daar ‘n groep jong volwassenes is wat ‘n gaping tussen geloof en daad beleef. Hierdie groep jong volwassenes het in die kerk groot geword en is steeds passievol om God te leef in hul alledaagse lewe, maar sukkel om ruimte te vind vir diens in die kerk of hulle sukkel om hul roeping (beroep) en geloof aan mekaar te verbind.

Roeping en geleenthede

Hierdie groep voel dat hulle roeping / beroep / lewe nie anders kan as om losstaande van hul kerk belewenis te funksioneer nie. Hulle Christelike agtergrond het hul nie daarop voorberei om Sondag (kerk) met Maandag tot Saterdag (werk en samelewing) te verbind nie.

Hierdie groep het ‘n bitter smaak in hul mond omdat die kerk hulle nie speelveld gee om met passie hul roeping uit te leef nie, en daarom is hulle skepties oor die kerk as instansie maar nie apaties teenoor die kerk nie.

Vir hierdie groep is dit belangrik dat hulle in hul beroep hul roeping kan uitleef. In die uitleef van hul roeping wil hulle verandering in die samelewing bring. Dit is vir hierdie groep belangrik dat daar nie ‘n skeiding tussen geloof en die alledaagse leefwêreld is nie.

Hierdie groep beleef God buite die mure van die kerk daarom voel hulle dat hulle tans ‘n groter, vinniger, effektiewer en met meer intensie impak kan maak buite die tradisionele gemeentelike strukture. Vir hulle moet geloof in die wêreld saak maak.

Geleenthede en uitdagings

Die kerk mis die geleentheid om hierdie jongmense se gawes te ontgin. Hulle is bereid om met passie saam met die span te speel, maar ruimte in die span is daar nie. Die kerk speel te stadig vir hierdie groep in die skep van geleenthede, omdat die kerk reguleer eerder as improviseer en innoveer. In die skep van ruimte sukkel die kerk om hierdie groep te help om die skakel te maak wat geloof en roeping verbind. Die kerk sukkel om hierdie groep te help om in die kultuur waarin hul leef te lewe en te dien.

Die kerk kan hierdie groep help om aktief hul roeping in hul kultuur (alledaagse) uit te leef deur spasie te skep vir dialoog en toerusting oor die uitleef van gawes. Laasgenoemde sluit “gewone” gawes, talente en belangstellings in.

As die kerk hierdie groep kan help om hul werk as gelowige aan te pak en ‘n verandering daardeur te laat plaasvind, sal hierdie groep se roeping bevestig word in ‘n geloofsgemeenskap waar hul hulself tuis vind en sal wil bly.  In hierdie sin moet die kerk jong volwassenes help om hul leef- en werk-wereld te verbind met God.

Rede 3: Ek glo nie meer nie as gevolg van my rede (wetenskaplike of teoretiese oorwegings) of as gevolg van my ervaring (seerkry in die kerk)

Sommige mense verlaat die kerk en kies om hulself daarvan en hulle geloof af te sny. Daar is verskeie redes hiervoor. Vanuit navorsing in Amerika en enkele stories van Suid-Afrikaanse jongmense wat ons al gehoor het, kon ons ‘n aantal afleidings maak oor die moontlike redes hiervoor. Hierdie redes kan op die volgende maniere uiteengesit word:

Hart-redes & Kop-redes

Meeste van die inligting waarna ons gekyk het kan ons in twee groepe plaas, naamlik mense wat emosioneel seergekry het in die kerk (dus slegte ervarings of “hart”) en mense wat hulself rasioneel nie kan vereenselwig met wat hulle hoor in die kerk of lees in die Bybel nie (dus as gevolg van hul rede of “kop”)

Van die hart-redes waaroor mense die kerk/hulle geloof agterlaat is oordeel wat hulle daarin ervaar (bv. rondom seksualiteit, morele kwessies, psigiatriese siektes ens.), slegte ervarings met ander Christene/die kerk (bv. ouers wat mishandel, geestelike leiers/mentors wat liefdeloos of sonder integriteit optree ens.) en mense wat voel dat daar nie ruimte is vir hulle in die kerk om wie hulle is uit te leef nie.

Van die kop-redes wat ons identifiseer het wat mense lei tot ‘n rasionele besluit om die kerk/geloof agter te laat is dat hulle ervaar dat die kerk anti-wetenskap is en dat Christene naïef is, dat die kerk as ‘n plek waar intellektuele (bv. filosofiese) denke nie ‘n plek het nie en dat die Bybel nie logies sin maak vir hulle nie (wat gepaard gaan met Bybel-interpretasie) en hulle dit nie kan glo nie.

“Engaged” & “Disengaged”

Vanuit verskeie stories, lyk dit vir ons asof sommige van hierdie mense hulself heeltemal afsny van die kerk/geloof vir watter rede ookal (“disengaged”) en ander mense wat kies om hulself af te sny en sê dat hulle finaal klaar is met kerk en geloof, maar tog steeds oop is vir gesprekke rondom hierdie sake.

Mense wie se storie getuig van “disengagement” is gewoonlik ook apaties teenoor die kerk en geloof (bv. as gevolg van finansieel welgesteldheid, logiese redes ens.). Daar is geen ruimte vir ‘n gesprek oor hierdie kwessies nie. Terwyl ons vind dat daar wel verhale is waar mense gekies het om te breek met kerk en geloof vir kop- of hart-redes, maar bereid is om ‘n pad te stap met ‘n geestelike mentor sonder die voorwaarde om “terug te kom” kerk toe. Hierdie mense ervaar steeds sterk emosionele wroegings as gevolg van die besluit wat hulle geneem het, en is daarom steeds weens hierdie onverwerkte emosies op ‘n indirekte manier “engaged” met die kerk/geloof. Daar is ook ander mense wat afstand doen van hulle geloof, maar hulself steeds beskryf as “spiritueel”.

Persepsies & Veralgemenings

‘n Algemene tendens in verskeie van die stories en waargenome redes is dat mense se besluit om hulself van die kerk/geloof te distansieer, dikwels gebaseer is op persepsies en veralgemenings. Christenskap en Christelike kerke word dikwels beskryf as “konserwatief” of “liberaal”, “anti-iets”, “beperkend” ens. Veralgemenings is dikwels gebaseer op die persoon se eie ervaring in die geloofsgemeenskap waarin hulle grootgeword het, terwyl persepsies gevoed word deur ander bronne. Hierdie persepsies en veralgemenings is na ons mening egter nie noodwendig waar van alle kerke of alle Christene nie.

Vanuit die bogenoemde, is dit duidelik dat daar verskeie redes is waarom mense hulself distansieer van die kerk en/of hul geloof. Dit is belangrik dat ons nie veralgemeen wanneer ons dink oor hoe om mense op hierdie plek in hulle storie te omarm as kerk nie.

___________________________________________________________________________

Addendum B

GROEP 2: Jong volwassenes wat die NG Kerk verlaat maar in ander denominasies tuiskom.

__________________________________________________

Ons elkeen ken jongmense wat in hierdie groep val. Dit is die jongmense wat in die NG kerk groot geword het, maar wat nou deel vorm van ’n ander denominasie – telkens binne die charismatiese stroom.

Sommige van die verhale van hierdie jong volwassenes sluit periodes van kerklos wees in, waarna hulle hulself opnuut toewy aan Christus in alternatiewe denominasies. Hierdie denominasies sluit Presbiteriaanse, Evangeliese, tradisioneel sowel meer gematigde Charismatiese gemeentes in. Maar hoekom gebeur dit? Wat is die redes agter jong volwassenes se skuif na ander denominasies?

Vanuit die verhale van jong volwassenes in hierdie groep, is dit duidelik dat die redes agter hul skuif nie vereenvoudig kan word tot ’n enkele faktor nie, maar dat die redes ’n komplekse web van faktore is.

Gasvryheid, ervaring en konneksie

Een van die redes wat herhaaldelik in verhale na vore kom, is die energieke en gasvrye atmosfeer van die alternatiewe denominasies. Dit bied vir baie jong volwassenes ’n ruimte om met ander Christene te “connect” op ’n wyse wat hulle nie noodwendig voorheen kon nie.

Hierdie verhoudingsaspek van kerkwees is telkens ’n prioriteit in hierdie gemeentes en daardeur skep hulle ruimtes van “belonging” deur bv. selgroepe.  Dit het veral ’n sterk impak op jong volwassenes wat moontlik voorheen binne die kerk veroordeel gevoel het of nie hulself kon vereenselwig met ’n veroordelende kultuur in sommige gemeentes nie.

Verder, vind hierdie jong volwassenes telkens dat hulle ’n meer intense ervaring met God kan hê deur alternatiewe vorme van lof en aanbidding. Hierdie “worship” word soms oorgedra na die alledaagse en word nie beperk tot die sing van liedere nie.

Teologie en diens

Die versoeking kan wees om hierdie groep af te maak tot mense wat nie hul geloof ernstig opneem nie en eerder ’n “maklike” teologie verkies. Dit is wel so dat hierdie denominasies dikwels ’n meer fundamentalistiese teologie verkondig, maar die klem val nie noodwendig op maklike teologie nie, maar eerder verstaanbare en relevante teologie wat ’n duidelike terme omskryf word. Teologiese konsepte word dikwels meer eenvoudig verpak en word oorgedra binne reekse wat hulle totale lewenstyl skuif.  Hierdeur ervaar jong volwassenes telkens ’n hernude sin van roeping wat hulle kan uitleef by geleenthede vir diens en aktivisme.

 

Die JVLG voel ernstig oor hierdie groep jong volwassenes en oor die wyse waarop hulle ons attent maak op die wyse waarop die NG kerk jong volwassenes kan vervreem. Tog voel ons dat hierdie groep nie ons enigste fokus kan wees nie aangesien hulle immers steeds deel is van die groep wat nog in die groter kerk van Christus is. Verder, wil ons ook beklemtoon dat ons nie hierdie jong volwassenes op enige manier wil reduseer nie, maar wil ons hulle ook waardeer vir die toegewydheid waarmee hulle hul plek binne God se koninkryk soek en leef.

 

___________________________________________________________________________

Addendum C

GROEP 3: Jong volwassenes wat bly in die NG Kerk

__________________________________________________

Navorsing fokus dikwels op jong volwassenes wat die kerk verlaat, maar daar is ook jong volwassenes wat in die kerk bly en dit is belangrik om te verstaan wie hulle is en hoekom hulle in NG gemeentes bly. Redes waaraan die groep kon dink sluit in gemak, tradisie, waardering vir die NG kerk, waardering vir die gereformeerde teologie, konneksie, geleentheid vir diens en ook kinders se betrokkenheid (wanneer hul kinders kry).

“Skokkend positief” se bevindinge

Uit die navorsing van die boek “skokkend positief” blyk dit dat jong volwassenes wat in die NG kerk bly redelik homogeen is. Hulle het grootgeword in huishoudings met redelike finansiële sekerheid. Hulle huisgesinne is oorwegend nukleus families (gesinne wat bestaan uit ’n pa, ma en kinders). Ouers en predikante het ook die grootste rol gespeel in hulle geloofsvorming.

“Skokkend positief” se navorsing wys verder dat die oorgrote meerderheid van jong volwassenes in die kerk voel dat die evangelie ’n ‘n betekenisvolle impak in hulle lewe het. 99% van die jong volwassenes in die studie glo dat Jesus Christus hulle persoonlike Verlosser is en 57% glo dat die kerk ’n integrale deel van hulle geloofslewens is. Hierdie jongmense voel sterk daaroor dat hulle ’n verskil moet en kan maak in die wêreld en in Suid-Afrika. 95% glo dat die jeug ’n belangrike rolspeler is in die verandering van ons land. 95% verstaan ook dat hulle lewe ’n impak het op die aarde en dat ons verantwoordelik met ons hulpbronne moet omgaan.

Teenstrydighede

Die studie bevind dat daar dikwels teenstrydighede bestaan in die lewens en denke van jong volwassenes. Alhoewel leierskap verantwoordelikhede gelyk gedeel word tussen hulle ouers in 46% van jong volwassenes se ouerhuise, glo die meerderheid (73%) in die patriargale leierskap formaat vir die gesin.  Soortgelyke teenstrydighede is bevind in jong volwassenes se idees oor versoening en kerkwees in Suid-Afrika.

Gedagtes uit ons gesprek

Vanuit die gesprek het duidelik geword dat die teenwoordige persone se ervaring van jong volwassenes nie so positief is as wat “Skokkend positief” bevind het nie. Daar is steeds jong volwassenes wat nie welkom voel in die ruimtes wat die NG-Kerk skep nie. Een van die redes hiervoor is waarskynlik die groot kontras wat hulle ervaar tussen die diversiteit van die wêreld en die homogene omgewing in die kerk. Gemeentes omarm dikwels nie diversiteit nie en vervreem mense deur ons taalgebruik en persepsies van bv. die samestelling van families. Gemeentes gebruik dikwels die Bybel om kulturele norms te bevorder. Ander gemeentes plaas andersyds klem op versoening, geregtigheid en diens wat weer sommige jong volwassenes “te veel” uitdaag omdat hul in ‘n gemaksone is.

Aktief of passief

Sommige jong volwassenes in gemeentes is aktiewe lidmate ander is weer passief (en sommige natuurlik tussen in). Ons moet dus onderskeiding maak oor wie ons praat. Die aktiewe lidmate vind in hul gemeentes ‘n ruimte om te dien, te aanbid en verhoudings te bou. Passiewe lidmate kom selde kerk toe en daar is lae vlakke van konneksie, diensbaarheid en roeping bewustheid. Die teenoorgestelde is waar van aktiewe lidmate.

Die passiewe lidmate bly deel van die kerk maar toon ooreenkomste met mense wat buite die kerk is. Passiewe jong volwasse lidmate is moontlik beïnvloed deur wat die kerk is / nie is nie of deur die verbruikersmentaliteit wat veroorsaak dat hulle die kerk gebruik wanneer hulle oordeel hulle dit nodig het. Daar is nog baie ander redes.

Idees vir die toekoms

Millennials heg baie waarde aan mentors en ouer persone se invloed, daarom het die kerk ’n geleentheid om juis op hierdie manier jong volwassenes te bedien. Deur mentor-programme en om ouers te bemagtig om hulle kinders te begelei in hulle geloofsvorming.

Die kerk het ook ’n geleentheid om jong volwassenes te begelei in die uitleef van hul geloof. In Suid-Afrika is dit veral belangrik in terme van versoening en diversiteit.

Dit is vir jong volwassenes belangrik om hul roeping uit te leef. In ons ervaring voel jongmense dat leierskapposisies nie beskikbaar is vir hulle nie. Jongmense moet spasie gegun word om hulle roeping uit te leef in gemeentes, om hulle te vertrou met verantwoordelikhede en magsposisies.

___________________________________________________________________________

Idees vir Connection tussen Kinders van Verskillende Ouderdomme

  1. Tieners of ouer kinders kan aangewend word as leiers: Die gemeente kan byvoorbeeld tieners gebruik as kampleiers of as groepleiers by junior kategese. Matrieks kan ook hulpleiers wees saam met ‘n volwassene by senior kategese.
  2. Tieners kan die leiers/helpers wees by kinderprogramme met laerskool kinders: ‘n Voorbeeld hiervan is Kix-groepe wat weekliks in die gemeente/skool/gemeenskap weekliks aangebied word (kixkinders.co.za).
  3. Mentorprogramme waar tieners in mentorverhoudinge is met jonger kinders/tieners: Een moontlik program wat gevolg kan word is dat Gr. 8’s connect word met ‘n ouer, gelowige tiener. Die program begin met ‘n 6 weke basiese geloofskursus wat hulle saam bywoon en daarna reël die mentor en die gr. 8 spontane afsprake deur die loop van die jaar.
  4. Interouderdom byeenkomste/groepe: Daar kan byvoorbeeld ‘n piekniek of pannekoekbak gereël word vir die hele laerskool kategese of ‘n avontuuruitstappie soos stap in die berg vir die tieners. ‘n Ander moontlikheid is kleingroepe van verskillende grade kinders/tieners binne ‘n koshuis.
  5. Twee gemeentes of jeuggroepe uit verskillende kerke/kulture kan iets saam doen of net saam kuier: Die NG Kerk en charismatiese kerke van ‘n dorp kan byvoorbeeld ‘n pretdag saam reël of die VG en NG Kerke van die ring se jongmense kan saam kamp.
  6. Kinders/tieners kan blootgestel word aan ander mense uit die gemeenskap met verhoudingsgerigte geleenthede: ‘n Speletjiesdag kan byvoorbeeld gereël word gesinne in die omgewing wat vir die hele gemeente aangebied word soos #imagine kidz.

Idees vir Ouers & Kinders om Geestelik te Connect

  1. Eet saam met dieper kommunikasie: Gesinne kan byvoorbeeld aangemoedig word om tuis saam te eet en ‘n gespreksvraag wat by die erediens gegee is te bespreek. ‘n Gemeente-ete kan ook gereël word waar dit gebeur by die kerk met baie gesinne saam.
  2. Huisgelooftyd – spandeer tyd saam om ‘n teks: Gesinne kan byvoorbeeld aangemoedig word om ‘n huisgeloofboekie te gebruik of die kategese geselsblad (wat aanhaak by die week se les) word uitgegee of ‘n familie huisgeloofpakket kan tydens feestye soos Paasfees/Lydenstyd/Advent/Kersfees uitgedeel word.
  3. Mylpaalviering – Vier verjaarsdae, gebeure en herdenkings saam en herinner mekaar aan God se betrokkenheid by jul lewens en bid saam: Ouers kan byvoorbeeld met die doop van hulle kind toegerus word om die doop jaarliks te vier saam met hulle. Spesiale dienste help oor gesinne om ook tuis mylpale te vier, bv. ‘n matriekdiens aan die begin van die matriekjaar/-eksamen of ‘n Graad 1 Ouer en Kind Oggend.
  4. Daaglikse Gewoontes – Geestelike gewoontes wat gereeld of daagliks deel is van jul gesin se roetine: Ouers kan byvoorbeeld met ouertoerusting idees gegee word vir daaglikse gewoontes soos hoe om saam te bid voor ete, mekaar te groet op ‘n spesiale manier, te bid voor reis, ens.
  5. Familietyd – Ouers word aangemoedig of toegerus om ‘n weeklikse tyd saam as gesin te hê om mekaar beter te leer ken en verhoudings te bou: Voorbeelde hiervan is om gesinne aan te moedig om een aand per week die televisie af te skakel en daardie aand saam kos te maak, te eet en saam ‘n speletjie te speel. Hierdie speletjie kan iets wees wat uitgedeel word by die erediens en aanhaak by die gemeente se huidige preek-tema.
  6. Events: Die gemeente kan geleenthede reël waar verhoudings in families versterk kan word, byvoorbeeld ‘n familiepiekniek, ‘n familiedans, ‘n familiekamp of ‘n familie-nagmaal.

Familie- of ‘n Jeugdiens Nagmaal

Hier is ‘n voorbeeld van ‘n Powerpoint wat gebruik kan word in ‘n Familie- of ‘n Jeugdiens saam met die Nagmaal. Die Powerpoint bevat ‘n eenvoudige verduideliking van sakramente en daarna die 5 betekenisse van die Nagmaal verwerk uit die eerste formulier in die Eredienshandleiding. Een voorstel is om die betekenisse ook uitmekaar uit te haal en te fokus op een of twee afhangende van die tema van die teks op dié betrokke dag wat die Nagmaal gevier word (bv. om in Lydenstyd/Groot Lydensweek te fokus op die “onthou”-betekenis).

Laai hieronder alles af wat jy nodig het:

Nagmaal – Powerpoint in pdf formaat.

Nagmaal – Betekenis Powerpoint

Powerpoint oorspronklik saamgestel deur Callie Visagie van Stellenberg Gemeente en verwerk deur Elzanne van der Westhuizen.

Hoe kan jy ruimtes skep waar kinders dieper konneksie met volwassenes kan maak?

1.    Een tot een verhoudings

Moedig kategete aan om een tot een tyd buite die formele kategese tyd te spandeer.

2.   ‘Events’

Die gemeente gebruik geleenthede soos kampe of uitreike om verhoudings tussen kinders/tieners en ander volwassenes (kampleiers) te bou.  Gebruik volwassenes bv. in die kosspan of gebedspan en bou intensioneel geleenthede vir konneksie in die kamp in.

Of reël projekte waar verskillende belangegroepe dinge saam aanpak.

3.   Kleingroepe

Selgroepe/kleingroepe wat uit verskillende gesinne bestaan waar kinders/tieners deel is van die geloofsgesprekke.

4.   Verhoudingsbou oor ’n afstand

Help volwassenes om via sosiale media kontak te behou en kommunikasie te bevorder

5.   Geestelike leiers

Die gemeente het predikante en jeugwerks of ondersteun die skool se geestelike leiers om deurlopende verhoudings te bou

6.   Mentors

Gereelde gesprekke met ’n mentor oor geloofservarings en geloof

7.   Ander

Kan jy dink aan nog ruimtes wat ons kan skep?  Wat werk by julle?  Deel dit asb. met ons!

Vinnig gedink oor Kamp menu’s

Heelwat Kamptereine bied deesdae spyseniering aan saam met hulle verblyf, maar dit is nie altyd bekostigbaar nie.  Elke gemeente het ook nie altyd ‘n “kostannie” wat kans sien om saam te gaan kamp om die kos te maak nie.

Om die honger skares te voed is nie so moeilik soos wat dit soms klink nie, en dit is moontlik om lekker te eet vir min geld.  Hier volg ‘n paar idees oor Spyskaarte wat kan help.

  • Hou die ouderdom en geslagsverdeling in gedagte met die beplanning van die spyskaart. Laerskool kinders eet nie so baie nie en hoërskool seuns raak nooit vol nie!  ‘n Bak vrugte wat op ‘n tafel staan vir ‘n tussen in knibbel is altyd ‘n goeie idee.  Ons vra altyd dat kampers ‘n sak vrugte of pakkie koekies saambring vir die kombuis, en ons gebruik dit vir tussen in happies.
  • Beplan die spyskaart so dat die een ete se oorskiet deel van die volgende ete se bykosse kan word. Vrydag aand se oorskiet worsies kan in ‘n volgende ontbyt se roereier opgesny word, terwyl ekstra broodrolletjies knoffel en botter kan kry vir ‘n bykos vir Spaghetti Bolognaise.  Oorskiet Spaghetti Bolognaise maak heerlike ontbyt broodjies.
  • Jongmense hou daarvan as die tema van die kamp weerspieël word in die kos wat geëet word. Tydens ‘n kamp wat gehandel het oor die vervolgde kerk, is Midde Oosterse kos(pitabroodjies met frikadelle) vir middagete voorgesit, en groenterys met hoender vir aandete, met Chinese stokkies om mee te eet in plaas van messe en vurke.
  • ‘n Naweek is net ‘n naweek, en jongmense verkies “gemorskos” op ‘n naweek bo gebalanseerde etes, so jy hoef nie baie bekommerd te wees as elke ete stysel bevat nie. (hou net tred met jongmense wat allergiëe het)
  • Idees vir laerskool kampe
  • Koffie vir laerskool kinders is eintlik onnodig, maar as jy koffie wil gee, gee dit net soggens. Ek maak altyd ‘n kan koffie met melk in, en kinders kan hul eie suiker ingooi.
  • Weens gesondheidsredes word die drink van energiedrankies ontmoedig, asook gaskoeldrank laatmiddag en saans.
  • Laerskool kinders hou van kompetisies, en dit werk lekker om die kinders in groepe te laat tafels dek vir ‘n ete, of te help voorberei deur bv hul eie nagereg in groepe te maak.
  • Laerskool kinders hou baie daarvan om hul eie stokbrood of roosterkoek te maak vir ete
  • Idees vir hoërskool kampe
  • Potjiekos/masterchef kompetisies tussen groepe
  • Kampers kan help met die voorbereiding en opruiming
  • Ete voorbereiding kan gekoppel word aan ‘n diensaksie, waar kos voorberei word om uitgedeel te word in ‘n gemeenskap
  • Maklike ete idees

Worsbroodjies, Eenskottel rys, maalvleis en groente gereg, Spaghetti Bolognaise, Gebraaide wors of hoender, Aartappelslaai, wortelslaai, Mengelslaai, Roosterkoek, gevulde vetkoek

 

Kampe bly ‘n effektiewe manier van bediening, en is al die beplanning en voorbereiding werd!

Hoe kan jy ruimtes skep waar kinders dieper konneksie met mekaar kan maak?

1.    “Koffiekroeg”

Gereelde, deurlopende groter groepsbyeenkomste waarin die fokus op verhoudingsbou en geloofsgroei is.

2.   “Events”

Reël ‘events’, uitstappies of saam-eet geleenthede waar daar intensioneel verhoudingsbou met ‘peers’ (ook buite jou vriendekring) bevorder word.  Dit sluit die immer gewilde ‘deurnag’ of ‘saal-slaap’, 10-PIN bowling, ysskaats, pizza-aande in.

3.   “Jeuggroepe”

Alhoewel kinders se programme deesdae vol is, is ’n jeuggroep wat mekaar gereeld sien (al is dit nie elke week nie) ’n ruimte waar kinders kan groei en ’n geestelike pad saam met mekaar stap.

4.   Kategese

’n Kategese klassie – waar kinders/tieners met mekaar (en nie net die kategeet nie) gesels oor die lewe en oor geloof – is ’n ruimte waar kinders dieper konneksies met mekaar kan maak.

5.   Kampe

Tydens kampe word kinders/tieners begelei om dieper te deel en mekaar geestelik te versorg.    Kinders kry geleentheid om vir mekaar te bid, Bybeltekste met mekaar te deel, mekaar te bemoedig.

6.   Kuier-ruimtes

Jou jeuglokaal is ’n ruimte waar kinders/tieners informeel kan kuier.

7.   Diensgeleenthede

Wanneer jy geleenthede skep waar kinders/tieners saam aan ’n projek of uitreik deelneem, skep jy ook indirek geleenthede waar verhoudings gebou kan word.

Dink aan aksies soos ’n ‘karwas vir sendelinge’ of ’n blikskud vir ’n uitreik of die verf van die plaaslike crèche.

8.   Ander

Kan jy dink aan nog ruimtes wat ons kan skep?  Wat werk by julle?  Deel dit asb. met ons!

Hoe help jy kinders en tieners om van die wêreld ’n beter plek te maak?

1.    Ondersteun en bemoedig

Skep geleenthede waar kinders bv. kan uitreik na die personeel van publieke dienste (soos die brandweer, polisie, hospitale).

2.   Bewus maak

Help kinders om plakkate te maak met wenke hoe om water te bespaar of bemagtig tieners om ’n herwinnings- of dierebeskermingsprojek te dryf.

3.   Insameling

Stel jou jeug in staat om klere en skoene vir ’n bepaalde uitreik in te samel of help hulle om geld in te samel vir ’n instansie wat besig is met natuurbewaring.

4.   Hulp

Skep geleenthede waar ouer jongmense jonger kinders help met huiswerk of speletjies aanbied by die nasorg of ’n les aanbied by ’n kinderhuis

5.   Aktiveer / Protes

Moedig kinders aan om pienk of rooi strikkies te dra op spesiale dae of om die ‘Thursdays in black’ beweging te steun deur op Donderdae te protesteer teen die geweld in die wêreld.  Reël ’n protesoptog deur die strate teen bv. die dwelmkultuur.

6.   Skoonmaak / Opruim

Reël ’n werksdag by die plaaslike creche of polisiekantoor of reël dat hulle die vullis langs die rivier of in die park optel.

7.   Uitdeel

Organiseer ’n geleentheid waar jou jeug die kos uitdeel by ’n sopkombuis of deel kerspakkies uit onder behoeftiges

8.   Ander?

Het jy dalk ander idees – iets wat julle dalk doen wat werk?  Deel dit gerus en stuur dit sommer saam met ’n paar foto’s aan ons!

’n Paar songs vir lydenstyd en Paastyd (wat nie in die Liedboek is nie)

VONKK 277

My eerste voorstel is ’n VONKK song.  Jip, nie ’n Flam song nie, ’n VONKK song.  V277  ‘U is die lig wat deur die donker skyn’.  Die melodie is die Skotse ‘Highland Cathedral’  (geskryf deur Uli Rover en Michael Korb en uitgegee deur die Church Hymnary Trust) en die Afrikaanse teks is deur ds. Hannes van der Merwe geskryf.

As Highland Cathedral nou nie dadelik ’n (kerk)klokkie by jou laat lui nie, gaan soek dit gerus op YouTube – jy gaan meestal ’n klomp doedelsakke kry wat die melodie uit bulk.  OK, ek bely dat ’n doedelsak nou nie juis enige gevoelens van aanbidding by my oproep nie – dalk eerder gevoelens van wraak en moord alla die fliek Braveheart – maar die Highland Cathedral is ’n grootse ‘praise anthem’ wat die moeite werd is om vir jou gemeente aan te leer.

Hoekom ek juis hierdie lied op ’n jeug-platform voorstel is omdat dit ’n great song is wat die band en die orrel sáám kan doen.  “DIE BAND EN DIE ORREL SAAM?!?!?!”

Hierdie lied se refrein vra vir ’n hemelse lawaai (dit is immers geskryf vir doedelsakke) – en nóg die orrel alleen nóg die band alleen gaan die regte volume bereik om reg te laat geskied aan die unieke aard van die lied.

As familie-bediening of intergenerational woorde is wat jou jeugbediening-hart vinniger en warmer laat klop, probeer gerus die lied!  Jy gaan sommer ’n klomp van die anti-band brigade hul woorde laat sluk.

Dis die ideale lied om tydens lydenstyd aan te leer en om op Paassondag jou diens mee af te sluit!

 

F429  As ek dink aan die kruis  (U alleen)

Hierdie lied, geskryf deur die super-talentvolle Riana Nel, help ons om te verstaan dat dit juis ons gebrokenheid was wat die kruisdood nodig gemaak het.  Ek hoef dus nie harder te werk nie, maar kan my net oorgee aan sy genade-hart.

 

F91 U genade vir my is genoeg

Hierdie lied bly vir my een van die greatste Flam songs om tydens lydenstyd te doen.  Dis oorspronklik deur die Nederlandse gospelsanger, Marcel Zimmer, geskryf en dit beskryf die lydenspad van Jesus op die Via Dolorosa, aan die kruis tot by die opstanding se ‘Jesus leef!  Hy het opgestaan!’.

 

Ander ou bekendes wat jy kan probeer:

F12  ‘Meer as ooit’ – die Afrikaanse weergawe van ‘Above all’. 

F207  ‘U het U heerlikheid en eer’  – die Afrikaanse weergawe van You laid aside your majesty

F208  ‘U het nie gewag op my’  – die Afrikaanse weergawe van You did not wait for me

F266  ‘’n Skadu oor my’  – ’n lied wat – as jou band dit regdoen – great met jongmense kan werk.

F268  ‘Verlosser vir my

 

Wat van ’n lied vir lydenstyd vir jou Kinderkerk?

F226 ‘Jesus ek wil vir u dankie sê’  help kinders om te verwoord wat Jesus moes deurgaan.

3 Goed waarmee tiener kleingroepleiers sukkel

Die meeste tienerbedienings maak staat op vrywilligers as groepleiers vir hul kleingroepe. Hierdie vrywilligers is ook gewoonlik ywerige mense wat kom aanmeld omdat hulle op ’n manier oortuig is deur die Here dat hulle die gemeente op hierdie manier moet dien. Dit is selde mense met opleiding of fasiliteringsvaardighede of meer ervaring as hul eie “Sondagskool” of CSV.

Die meeste kategese materiaal is ook afhanklik van gesprek en interaktiewe aktiwiteite wat deel vorm van groter gefasiliteerde proses. Wanneer jeugwerkers of predikante dan verby ’n groep stap, is dit gewoonlik die kleingroepleier wat met die kinders gesels… en ’n paar minute later steeds die kleingroepleier wat gesels… en paar minute later het die graad 9 seuns of aan die slaap geraak of mekaar met papierballetjies gegooi.

Die rede hiervoor is dat kleingroepleiers sukkel met ’n paar goed.

1.  Proses

Kleingroepleiers is nie altyd bewus van die groter proses van geloofsvorming nie. In die verlede was die klem sterk groot op kennis oordrag en die doelwit was om Bybelkennis onder die knie te kry (onthou jy Sondagskool eksamens?) Vandag volg ons groter prosesse wat soms eenmalig verduidelik word en daarna geïmpliseer word. Dis belangrik om kleingroepleiers gereeld te herinner aan die groter proses en hoekom dit interaktief en gespreksgedrewe bly.

Wat doen jy daaraan?

Kommunikeer by alle opleiding geleenthede die proses. Hoekom doen julle gemeente wat julle doen op die manier wat julle dit doen? Moet nooit aannames maak dat die kleingroepleiers dit sal onthou en implementeer nie.

2.  Leerstyle en persoonlikheid

Kleingroepleiers funksioneer gewoonlik uit hul eie leerstyle en persoonlikheidstipe en sukkel soms om te onthou dat daar soveel kombinasies van leerstyle en persoonlikheid is as wat daar jongmense in jou groep is. Tradisionele kennis oordrag was baie gestruktureerd en logies, wat daarom mense wat gestruktureerd en logies dink en funksioneer trek – daarom is dit baie kere maklik vir so persoon om net logies en gestruktureerd die inhoud oor te dra. Verskillende leerstyle en persoonlikheidstipes vereis verskillende benaderings om leer en geloofsvorming optimaal te funksioneer.

Wat doen jy daaraan?

Gebruik een volle opleidingsessie om ’n persoonlikheidstoets met die kleingroepleiers te doen en rollespel oor hoe verskillende persoonlikheidstipe en leerstyle in groepe funksioneer. Dis gewoonlik ook ’n goeie spanbou geleentheid. ’n Webtuiste soos https://www.16personalities.com/ het ’n eenvoudige, gratis toets met eenvoudige, duidelike verduidelikings. (Gebruik professionele en kundige mense in jou gemeente hiervoor as jy kan.)

3.  Stilte

Ons is oor die algemeen ongemaklik met enige stilte, selfs vir mense wat stilte verkies. In ’n groep opset veroorsaak stilte, veral by meer ekstrovert persoonlikhede, baie ongemak. Wanneer jongmense onseker is, is hulle geneig om stil te bly en gewoonlik spring die kleingroepleier in met die antwoord. Wanneer dit herhaaldelik gebeur begin die jongmense net wag sodat die groepleier op die ou end die “regte” antwoord gee.

Wat doen jy daaraan?

Spandeer gereeld tyd aan gespreksvaardighede, veral die kuns van oop vraagstelling en konstruktiewe stilte. Hierdie is vaardighede wat gedemonstreer en ingeoefen moet word.

Omdat vrywilligers gewoonlik beperkte ervaring het, is dit nodig om meer as een maal per jaar ’n opleiding sessie te hou. Voorbeeld en oefening help vrywilligers om die vaardighede te ontwikkel en te internaliseer, sodat hulle deelnemers word aan jongmense se geloofsvorming en nie bloot kennis-oordrag doen nie.

Christi Thirion (NG Kenridge)

5 Maniere om leiers NIE te werf nie

  1. Moenie mense smeek nie, deel met hulle die bediening se visie.
  2. Moenie mense vra om jóú te help nie, bemagtig hulle.
  3. Moenie voorgee dat die werk min is nie, wees deursigtig oor die verantwoordelikheid wat bediening inhou.
  4. Moenie mense werk gee sonder ondersteuning nie, help hulle om spanne op te rig.
  5. Moenie net aanvaar mense gaan aan vir nog ’n jaar nie, bewys dankbaarheid en bevestig hulle insette.

Idees om tieners en kinders aan te moedig tot aksie

Hier is ʼn paar idees om tieners en kinders aan te moedig tot aksie. Ons weet nie altyd om dit wat die Bybel vir ons  leer prakties te maak nie. Ons help egter ons kinders en tieners om te verstaan hoekom ons moet dien en dit deel word van ons lewe, wanneer ons hulle ruimtes en voorbeelde gee om na te streef.

Alleen Mense en Randfigure:

  • Maak tieners en kinders deel van die gasvryheid span wat mense op Sondae ontvang by die deure en afkondigings uitdeel.
  • Maak ʼn span wat bestaan uit tieners wat getaak word om nuwe tieners by die kerk en skool raak te sien en deel te maak van jeuggroepe, kategese groepe of sosiale geleenthede
  • Taak tieners om ʼn groep saam te roep wat uitstappies na die Aftree oord of Te Huis te reël waar hulle kinders betrek om kaartjies te maak en saam te kom uitdeel.
  • Vra jou jong volwassenes om tieners te help ‘n koffiekroeg by die Kinderhuis aan te bied.
  • Neem die gemeente op ʼn “Walk the Town” uitreik waar ons bewustelik randfigure en alleen mense nader en vir hulle bid. Probeer die persoon se naam leer en weer opvolg in die volgende week.

Arm Mense: Kinders en jongmense leer hoe om toepaslik op te tree en mededeelsaam te wees teenoor arm mense.

  • Vra kinders om hierdie week hulle toebroodjie met een maat te deel wat elke pouse alleen sit en hulle in nooi in hul vriende kring.
  • Vra tieners om ʼn “insta-story”  of video te neem van waar hulle ʼn groep vriende bymekaar kry om ʼn uitdaging per week te voltooi waar hulle komberse uitdeel vir die mense wat dalk buite slaap, of waar hulle die plaaslike koerantman nooi vir ʼn koeldrank en na sy storie luister.
  • Nooi Tieners om ʼn beurt te neem by die plaaslike sop kombuis
  • Stap saam met kinders en tieners om die blok en vra vir hulle om op te let wat hulle sien. Gesels na die tyd met hulle oor wat hulle wil doen daaroor en help hulle om daardie uitdaging te voltooi.
  • Nooi gesinne om te kom kos maak by die kerk, laat hulle die kos in wegneem bakkies skep en gaan neem dit aan die mense wat om en buite ons kerke slaap en sit en gaan sit by hulle aan vir ete.

NB: Dis belangrik om nie net goeie dade uit ʼn hoed te trek nie, maar maak dit deel van ʼn preek reeks of kinderkerk en laat die preek in die dade uitvloei sodat tieners en kinders besef dat hulle toegerus word om uit te reik. Hierdie dade word deel van hulle lewe en is nie net eenmalig nie.

Bure en Woonbuurt: Kinders en jongmense word geleer om vriendelik en verwelkomend te leef teenoor hul bure en ʼn positiewe invloed in hul buurt te hê teenoor alle ouderdom mense.

  • Daag kinders uit om verwelkomings kaartjies te maak vir die nuwe bure en hulle te nooi vir tee om dit te oorhandig.
  • Moedig tieners aan om ander bewus te maak van herwinning of ons water krisis, deur  na deur  tot deur te stap en te vra of daar ander tieners in die huis gesin is wat hulle kan ontmoet om ook in te trek by die doel.
  • Moedig kinders aan om maats te nooi om saam met hulle kersliedere te sing van deur tot deur  tydens Advent.
  • Nooi as gesin die verskillende bure vir ʼn ken mekaar aand, waarvan die kinders deel is daarvan om ook die familie se storie (wie is ons hoeveel mense bly hier ens) te vertel.

Belange groepe en vriendekring: Kinders en jongmense leer hoe om hul geloof uit te leef in hul vriendekring en belangegroepe bv. Sportspan.

  • Doen ʼn reeks by die jeuggroepe of kategese oor ons verskillende gawes sodat ons ouers, tieners en kinders kan toerus om hul verskillende gawes te verstaan.
  • Moedig tieners aan om hulle sportspan aan te moedig om stil te raak voor ʼn wedstryd of om die span na die tyd te bedank vir die wedstryd.
  • Raak betrokke by jonger sportspanne as mentors of gr. 8 netbalspanne gaan help uit by die graad 1’s se oefeninge.
  • Moedig jou vriende kring aan om vir jou verjaarsdag eerder te gaan serpe of komberse uit te deel eerder as om net partytjie te hou.
  • Begin ʼn Maandelikse uitdaging in jou vriendekring om die gemeenskap saam of alleen te gaan dien, bv. gaan besoek saam die DBV of konsentreer om alleen tieners in te trek by jou vriendekring

 

10 idees om ruimtes te skep vir aanbidding

Die erediens en slaapkamers is nie die enigste ruimtes vir gebed en aanbidding nie. Kinders en jongmense kan in verskeie ruimtes God ontmoet. Hier is ‘n paar idees:

 

  1. Kampe

Gebruik kampe nie in die eerste plek om kennis oor te dra nie, maar ruimtes te skep vir kinders of tieners om God te ontmoet deur lofprysing, kreatiewe gebedstasies, gebed vir mekaar, stilte, ens.

  1. Uitreike

Bid vir die wêreld se nood deur plekke of gemeenskappe te besoek, mense te leer ken en vir die spesifieke plekke te bid waarheen kinders of tieners gaan. Gebruik ook die geleentheid om God te aanbid en dankie te sê vir dinge wat Hy doen deur mense in ‘n bepaalde gemeenskap.

  1. Die natuur

Gebruik die stilte en mooi natuur tonele in jou omgewing om God raak te sien en te aanbid. Gaan stap, verwonder jou en raak stil. Verder kan kinders ook natuur elemente gebruik as simbole van verskillende eienskappe van God of tipes gebede waaroor jy God aanbid.

  1. Kategese groepe

Steek ‘n kers aan, gebruik fotos of speel ‘n musieksnit of bid vir mekaar.

  1. Kleingroepe

Sing saam met ‘n cd of dvd of bedien mekaar met gebed.

  1. Skool

Byvoorbeeld ‘n stilword gebedsruimte by ‘n skool of lof en aanbiddings geleenthede tydens pouse

  1. Events

Spesiale lof en aanbiddings aande, gebedswandelings of kreatiewe gebedsreise

  1. Gebedskamer/ruimte

Rig ‘n stil word kamer of tent in of ‘n interaktiewe gebedsruimte of “boiler room” waar jongmense op ‘n kreatiewe manier Go kan aanbid

  1. Gebedstasies

Pak vir spesifieke kerkjaat geleenthede of reekse gebestasies uit wat kinders of jongmense kan besoek.

  1. Strate

Gaan vir ‘n wandeling in jou omgewing en loof en prys God. Bid vir skole, polisiestasies, hospitale op jou pad of vir huise en mense wat jul ken.