Huisgeloof wenke vir gesinne oor doop, nagmaal en belydenis van geloof.
Volg die skakel om die pdf af te laai.
124172615
Huisgeloof wenke vir gesinne oor doop, nagmaal en belydenis van geloof.
Volg die skakel om die pdf af te laai.
Liturg:
Ek druk julle dit op die hart: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.
Gemeente:
Daar is net één liggaam
en net één Gees.
Liturg:
soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het.
Gemeente
Daar is net één Here, één geloof, één doop,
Liturg:
Daar is net één God en Vader van almal.
Gemeente:
Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.
Liturg:
Aan elkeen van ons is ‘n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het.
Gemeente:
Kom ons gebruik ons gawes om mekaar te dien in liefde.
Liturg:
Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
Gemeente:
Amen