inskrywings

#imagine 2017

image001

Goeiedag #imagine 2017 – Vriend

Ons hoop julle is net so opgewonde soos ons oor hierdie jaar se #imagine fees.  Baie dankie vir jou bereidwilligheid om op een of ander manier deel van hierdie movement te wees! Ons waardeer elkeen se hulp hiermee opreg!

Sommer net ’n vinnige e-pos met meer inligting oor #imagine 2017:

2017 DATUM

Hierdie jaar se #imagine vind plaas van 18 – 20 Maart 2017.

Die Wes-Kaap fees is weer in Bredasdorp.

Registrasie open 08:00 op Saterdag 18 Maart en die amptelike program begin eers die aand 18:00.  Die eerste ete wat deur #imagine verskaf word sal aandete wees om 17:30. Stalletjies sal deur die dag verversings gereed hê om te koop.

Ons laaste sessie van die naweek sal Maandagaand 20 Maart om 23:00 klaarmaak.

So julle as groep kan dan besluit om Maandagaand oor te slaap of om direk na die sessie eindig die pad terug aan te pak.

Daar gaan ontbyt pakkies beskikbaar wees vir groepe vir Dinsdagoggend en dit moet apart by die #imagine-kantoor bestel en betaal word by suide@imaginemovement.co.za. Dit kos R25pp.

Indien u ‘n bus reël, kontak ons ook by dieselfde e-pos asseblief om reëlings te tref vir u busbestuurder.

ITICKETS

Kaartjies is beskikbaar op iTickets. kliek hier vir skakel

Kostes:

Tieners R550

Groepleier R570

Vrywilliger R570

#Imagine Young Adult Byeenkoms op 17 Maart kos ‘n ekstra R50 (sien onder)

YOUNG ADULTS – DAY ZER0

Op 17 Maart is daar ’n baie spesiale geleentheid vir alle “Young Adults”.  Ja, jy lees reg, as jy jouself sien as ’n “Young Adult” (naskoolse jongmens, student, jong werkende ens.) is hierdie geleentheid net vir jou!  Ons wil graag die aand voor #Imagine afskop deur te saam te aanbid, te kuier, te gesels en te eet!  Daar sal ook Saterdag werkswinkels wees. Maak seker jy koop ’n bykomende kaartjie van R50 vir hierdie geleentheid. Dit sluit Vrydagaand se aandete en Saterdagoggend se ontbyt in! Hierdie kaartjie is ook beskikbaar op iTickets. kliek hier vir skakel

GROEPINSKRYWINGS

Hierdie jaar doen iTickets nie meer groep inskrywings nie, net indiwiduele inskrywings. Indien jou groep tieners nie elkeen self ‘n kaartjie koop op iTickets nie, kan jy deur die feeskantoor ‘n groepbespreking doen. Kontak southgroups@imaginemovement.co.za om ‘n “spreadsheet” te ontvang. Julle vul die informasie van elke inskrywing vir ons op daardie “excel sheet” in en stuur dit terug na ons kantoor en doen dan ‘n EFT.

As jy navrae het oor vervoer, of as jy wil weet wie jul streek se hubleier is, kontak suidehubs@imaginemovement.co.za.

BRUGBOU UITDAGING AAN GEMEENTES!

Ons wil graag ELKE gemeente uitdaag om ’n ander gemeente of gemeenskap te nooi na #imagine 2017.  Dalk is daar ’n ander denominasie of gemeenskap wat nog nooit gehoor het van #imagine nie, of dit nie alleen kan bekostig nie! Gaan kuier sommer dadelik by hulle en maak saam planne om hierdie jaar saam te gaan. Hierdie is ‘n wonderlike brugbou geleentheid. Ons wil gemeentes ook uitdaag om ten minste 10% van tieners wat hul saambring te borg (met ander woorde om aan minderbevoorregte jongmense ‘n geleentheid te gee om ook #imagine 2017 by te woon).

BELANGRIKE SKAKEL!

https://www.dropbox.com/sh/yln8gtgbr9d6iqt/AABeBxB7fXWobDCNY7xZ6o9-a?dl=0

Hierdie is ’n dropbox skakel met die inskryfvorms en bemarkingsmateriaal wat jy kan gebruik om #Imagine 2017 in jou gemeente/dorp sigbaar te maak!

As daar enige vrae is, moenie huiwer om te e-pos of te skakel nie!

#Imagine-Groete,

Ds Anriëtte de Ridder

Feeskoördineer: #imagine Suide

suide@imaginemovement.co.za

021 808 9050