jong volwassenes

Who are the Millennials? – Jaco Hamman

Jaco Hamman gives 5 (hopeful) traits of millennials: 

  1. Millennials know anxiety, uncertainty, loss and trauma intimately – if you want to reach out to the Millennials, you need to be comfortable to enter into their pain and loss.
  2. Millennials build alternative communities – they are masters at it. Join them where they are meeting already. It should NOT be about how we can get them to church.
  3. Millennials are spiritual and engage in religious practices like prayer and worship (although they rarely come to church).
  4. Millennials embrace accountability – they value integrity.
  5. Millennials want to make a difference in the world – they have a cause mentality (or ethic).

More thoughts….

(more…)

The Millennial Narrative – Jaco Hamman

Hoe moet ons oor Millenials, geloof en die toekoms dink?

Jaco Hamman het tydens ‘n aanbieding in Stellenbosch in Augustus 2018 oor sy boek “The Millennial Narrative” wat eerdaags verskyn, die volgende genoem:

  • As ons nie die Millennial generasie bereik nie, sal Christenskap as geloof  in gedrang kom.
  • Millennials verlang na die “goeie lewe” en stel nie belang in die “goeie nuus” soos ons dit tradisioneel aanbied nie.
  • Bediening aan, deur en saam met Millennials vra dat ons vars dink – buite die konvensies van tradisionele denke.
  • Die boek Joël in die Ou Testament kan ons help met die teologiese vertrekpunt wat ons hiervoor benodig.
  • Millennials kan ons help herdefinieer wat dit beteken om Christen te wees – hulle sal nooit glo en doen soos ons nie.

Jaco Hamman se boek “The Millennial Narrative” verskyn in Oktober 2018.

 – opgesom deur Anriëtte de Ridder

Hoe vorder die gesprek oor Jong Volwassenes in jou gemeente?

Gebruik hierdie vrae in die ring of kerkraad om te luister en te evalueer hoe die gesprek oor Jong Volwassenes (s.g. millennials) vorder….

  • Vertel wat jy/julle gedoen het om te ontdek wat jongmense nodig het?
  • Of vertel van ‘n keer toe jy/julle jongmense betrek het?

Dalk het jy:

  • Doelbewus met ‘n millennial gesels?
  • Die plakker uitdaging gedoen? (deel ‘n wacky Wednesday burger special, koop data, speel ‘n bordspeletjie, stap in die natuur, maak saam kos)*
  • Die poskaarte gebruik met die verhale van millennials agterop?*
  • ‘n gesprek gereël in jou ring of dorp oor of met jong volwassenes
  • ‘n Vergadering beplan met millennials op die agenda
  • ‘n Jong predikant, Jeugwerker of theologies student genooi of leer ken
  • ‘n Kursus bygewoon, ‘n artikel of boek gelees of ‘n youtube video gekyk oor die millennial generasie of die toekoms van die kerk
  • ‘n Jonger persoon betrek by ‘n diensgroep, kommissie, bediening of projek
  • ‘n Jong volwassenes betrek by die kerkraad of ander leiersgroep

Vrae en voorbeelde stamgestel deur die Jong Volwasse Leer Gemeenskap 2018.

*Die “Gotta Love Millennials” plakker uitdaging en die poskaarte kan in elektronies formaat gratis aangevra word by jeug@sun.ac.za.

Gotta Love Millennials

Die Jong Volwasse Leer Gemeenskap stel ‘n uitdaging aan gemeentes om in ‘n erediens gemeentelede uit te daag om gesprekke aan te koop met naskoolse jongmense in en buite die kerk. die rede daarvoor is dat jongmense dikwees ervaar dat daar nie vir hulle ruimte gesleep word in die kerk nie, en dat hulle graag na geluister wil word.  As aanknopingspunt word ‘n plakker met ‘n uitdaging vir elke gemeentelid uitgedeel met een van die volgende uitdagings:

  1. Gaan eet ‘n Wacky Wednesday burger by Steers saam met ‘n Millennial
  2. Gee vir ‘n Millennial ‘n praat kans in die erediens
  3. Doen ‘n buitelug aktiviteit saam met ‘n Millennial
  4. Speel ‘n bordspeletjie saam met ‘n Millennial
  5. Maak kon saam met Millennials
  6. Koop data vir ‘n Millennial

Die plakkers kan in elektronies formaat aangevra word deur ‘n epos te stuur aan jeug@sun.ac.za.

 

 

10 wenke om jong volwassenes te betrek by eredienste

Hierdie is ’n uitdaging wat by jul eredienskomissie (of beplanningsgroep) gebruik kan word om volhoubaar nuut te dink oor die insluiting van jong volwassenes by jul eredienste:

  1. Nooi jong volwassenes om op die erediens kommissie te dien.
  2. Laat ’n jong volwassene die erediens begin met gebed. Of laat jongvolwassenes gebede voorlees of voorbidding vir bepaalde sake doen.
  3. Laat ’n jong volwassene die Bybelteks vir die erediens lees.
  4. Vra 5 jong volwassenes vir liturgie idees, voorbeelde, stories, musiek of fotos wat by die tema van jou volgende preek pas end gebruik kan word in die erediens.
  5. Kry ’n jong volwassene om die liedere te kies vir die erediens of om die sang te lei.
  6. Laat jong volwassenes die nagmaal tekens uitdeel.
  7. Laat ’ n jong volwassene die afkondigings hanteer.
  8. Kies jong volwassenes om mense by die kerk te verwelkom.
  9. Kies 5 jong volwassenes om tydens ’n erediens hul ervarings van daardie diens neer te skryf en dit daarna met jou / mekaar te deel.
  10. Vra ‘n jong volwassene om vanuit sy/haar leefwêreld ‘n getuienis ted eel wat by die tema van die diens aansluit.

Hierdie wenke is saamgestel deur Etienne Snyman as deel van die Jong Volwasse Leer Gemeenskap se nadenke.

Hoe kan jy jou groep inrig vir alle spiritualiteite?

Mense verskil in die manier waarop hulle vir God ervaar en aanbid. Een manier om dit te verduidelik is aan die hand van die 4 spiritualiteit tipes. Vir elkeen van die 4 tipes is daar ‘n simbool en kleur toegeken, naamlik:  

  1. kop (hulle ervaar God deur hulle intelek, rede en geloofoortuigings) (blou);
  2. hart (hulle ervaar God deur hulle emoties, warmte en persoonlike verhoudings) (rooi);
  3. hand (hulle ervaar God deur aksie te neem, hulle toewyding en diens) (groen);
  4. en vlam (hulle ervaar God deur die mistieke, die natuur, stilte en ontsag) (geel).

Hoe maak ‘n mens ruimte in ‘n kleingroep of kategese groep vir al 4 tipes spiritualiteite?

 

 

 

 

(more…)

Millennials – energie en kreatiwiteit

Millennials is ‘n onuitputlike bron van energie en kreatiwiteit. Jy sal verras wees oor die palet van kleur wat hulle jou aanbied. Gryp die geleentheid aan!

Communitas se Predikantebegeleiding bied ‘n dagkonferensie/gesprek aan saam met prof Jaco Hamman van die VANDERBILT Teologiese Skool in Nashville, VSA. Hy is professor in Teologie, Sielkunde en Kultuur.

Sy boek, “The Millennial Narrative” handel oor die vraag: hoe kan die kerk mense bereik wat as ‘spiritual but not religious’ identifiseer?

6 VBO punte is te verdien, ‘n lekker middagete is deel daarvan, jy is saam met vriende en kollegas en bo alles word jy deur die dag begelei deur ‘n belese, berese, goed-ingeligte en dinamiese gespreksleier. Kom verruim jou en julle gemeente se bediening.

Die kursus op Maandag, 6 Augustus sal vanaf 9h30 – 15h30 plaasvind in die Hofmeyrsaal by die Fakulteit Teologie in Stellenbosch.

Kontak Adrienne Bester vir inskrywings by bestera@sun.ac.za /021 808 3382

Hoe kan ons millennials beter verstaan? Deel 3: ‘n Toekomsperspektief

Die Jong Volwasse Leer Gemeenskap het na Prof Chris Adendorff, ‘n toekomskundige verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se Besigheidskool geluister en die volgende tendense het hulle bygebly:

  1. Die bevolking van Suid-Afrika is tans rondom 54 miljoen. Na verwagting sal dit teen 2030 groei tot 60 miljoen.
  2. Na beraming sal die samestelling van die bevolking teen 2030 as volg lyk:
    1. 91% swart
    2. 7% bruin
    3. 1% Asies
    4. 1% Wit
  3. Dit beteken dat daar teen 2030 waarskynlik 3 miljoen wit mense in Suid-Afrika sal wees (teenoor 6 miljoen tans) waarvan slegs 900 000 Afrikaans sal wees.

(more…)

Hoe kan ons millennials beter verstaan? Deel 1: Modulariteit

Wat is modulariteit?

Die Jong Volwasse Leer Gemeenskap het ‘n paar beginsels raakgelees en dit bespreek, waarvan een daarvan modulariteit (“modularity”) is. Modulariteit verwys na iets wat uit verskillende komponente bestaan, byvoorbeeld wanneer geboue uit vaste komponente saamgestel kan word. Modulariteit verwys ook na die vermoë van iets om verander na gelang van behoeftes, soos ‘n meubelstuk wat eers ‘n kot is en wat later in ‘n bed of bank verander kan word soos wat behoeftes in ‘n gesin verander. Moduleriteit kan gesien word in dinge soos hoe mense self wil kies hoe hulle selfoon kontrakte opgebou word en hulle wil dit ook kan verander. Nog ‘n voorbeeld is waar mense flexityd kan werk en self kies hoe hulle hulle tyd “blokkies” van oefening, rekenaar werk, vergaderings, internet tyd en familietyd in hulle dag kan inpas. Nog voorbeelde is hoe mense hulle selfone bou deur self hulle toeps te kies of waar mense self kies watter t.v. programme kies (Netflix, Showmax ens). Modulariteit hou verband met verbruikerswese maar gaan meer as net oor die vervulling van behoeftes. Dit gaan ook oor die vermoë van mense (en dit wat hulle gebruik) om aanpasbaar te wees. Dit gaan oor die moderne mens se behoefte aan verhoogde eienaarskap asook die erkenning daarvan dat mense en hulle behoeftes (asook omstandighede) uniek en veranderlik is. Modulariteit is ‘n algemene teken van die tyd, maar is veral belangrik en deel van die millennials se leefwêreld.

Hoe impakteer modulariteit dit die kerk?

Ons sien reeds die groei van modulariteit in die kerk. ‘n voorbeeld is ruimtes wat vir meer as een doel gebruik kan word byvoorbeeld vergaderings en jeug byeenkomste, deur die meubels rond te skuif. Nog ‘n voorbeeld is ‘n preekstoele op wiele wat weggeskuif kan word in informele eredienste om ruimte te maak vir die begeleidingsgroep. Gemeentes wat verskillende erediens tipes aanbied is ook ‘n voorbeeld sowel as wanneer liturgieë in ‘n erediens week na week verskil omdat die predikant dit self “opbou” uit opsionele verskillende “blokkies”. Kategese kurrikulums wat tematies is en kwartaalliks gekies kan word in die volgorde wat die gemeente pas, is nog ‘n verskynsel hiervan. ‘n Ander vorm hiervan is waar ouers van klein kinders die opsie het om net ‘n gedeelte van die diens by te woon en die diens so ingerig word dat hulle iets ontvang maar gemaklik die diens kan verlaat op ‘n bepaalde tyd.

Hoe help dit ons om te dink oor millennials se belewenis van kerk?

Millennials sou moontlik kerk as een (opsionele) blokkie kan sien in hulle lewe wat hulle kan inpas na gelang van behoefte, prioriteit en tyd. Millennials sou ook moontlik kerkaktiwiteite kan sien as ‘n spyskaart van opsies of blokkies waarvan hulle kan kies en inpas in hul lewe na gelang van behoefte. Dit kan veroorsaak dat “kerk” verskraal kan word en verbruikerskultuur aangemoedig word, waarin millennials sou kon dink dat hulle kerk toe kom of deel is van die kerk om net iets te ontvang.  Maar aan die ander kant kan dit deelname en toewyding bevorder as die millennial voel hulle kan self kies en dat die opsies sekere behoeftes vervul. Die Jong Volwasse Leer Gemeenskap meen egter dat kerk ‘n groter rol te speel het as bloot om opsies uit te dink (meer blokkies te skep) of te wedywer met ander “blokkies” om ‘n groter rol te speel. Kerk as geloofsgemeenskap is die ruimte waar millennials perspektief kry oor AL die blokkies van hul lewens. Die kerk kan ‘n ruimte vir refleksie en nadenke wees oor al die aspekte van sy/haar lewe sodat alle blokkies geleef kan word vanuit ‘n koninkryk perspektief.

Die moderne mens raak al meer modulêr. Die vraag is nie of dit goed of sleg is nie, maar hoe dit millennials se ervaring en denke oor die kerk beïnvloed en hoe die kerk hierdie as ‘n geleentheid benut, maar ook die uitdagings daarvan herken en bestuur.

Gespreksnotas saamgestel deur Anriëtte de Ridder na aanleiding van die Jong Volwasse Leer Gemeenskap byeenkoms gehou Februarie 2018.