Kinderbediening

Nog 10 wenke om kinders te betrek in ‘n interaktiewe erediens (deel 2)

Inter-ouderdom dienste betrek oud en jonk

‘n Inter-ouderdom, interaktiewe erediens fokus om alle gemeentelede aan mekaar te verbind. In die loop van die erediens en preek word daar geleenthede geskep waar mense van verskillende ouderdomme met mekaar kan saam gesels of iets saam kan doen. Dit is nie ‘n kinderdiens nie, maar ‘n geleentheid om saam te groei as gelowiges in een geloofsfamilie.

Nog 10 wenke om die erediens en preek interaktief te maak:

(more…)

Die binnewêreld van ‘n kind

Toegerus vir die Toekoms

Kinders as leë houers of klei?

Kinders is nie leë houers waarin ons soveel as moontlik moet gooi nie. Ons kan nie bloot kennis aflaai op kinders en hulle “vul” nie. Hulle is eerder klei wat oor tyd gevorm word. Ons moet eerder daarop fokus om tyd saam met hulle te spandeer en hulle te begelei deur hulle ervarings. Die belangrikste is dat ons verstaan dat hulle van die begin af volledig mens is met volle menswaardigheid. Hulle is nie met ‘n junior weergawe van die Heilige Gees gebore nie. Ons kan dus baie by hulle leer of saam met hulle leer, en nie net vir hulle leer nie.

(more…)

Toegerus vir die Toekoms

Die wêreld verander so vinnig en soms voel ‘n mens oorweldig deur al die uitdagings wanneer jy kinders begelei.

Die Kix-Konferensie Toegerus vir die Toekoms is ‘n ideale geleentheid vir jou en ander Kix-leiers, kategete, jeugleiers, ouers, jeugwerkers en predikante om oor die geleenthede van die toekoms na te dink. Kom luister na relevante sprekers, woon praktiese werkswinkels by, ontdek nuwe hulpbronne en netwerk met ander kinderbedieningsleiers.

Hierdie geleentheid vind op 11 en 12 September by die NG Gemeente Kuilsrivier-Suid plaas.  Vir verdere inligting kontak jeug@sun.ac.za of kry jou inskrywing en die program hier.

Idees vir Connection tussen Kinders van Verskillende Ouderdomme

  1. Tieners of ouer kinders kan aangewend word as leiers: Die gemeente kan byvoorbeeld tieners gebruik as kampleiers of as groepleiers by junior kategese. Matrieks kan ook hulpleiers wees saam met ‘n volwassene by senior kategese.
  2. Tieners kan die leiers/helpers wees by kinderprogramme met laerskool kinders: ‘n Voorbeeld hiervan is Kix-groepe wat weekliks in die gemeente/skool/gemeenskap weekliks aangebied word (kixkinders.co.za).
  3. Mentorprogramme waar tieners in mentorverhoudinge is met jonger kinders/tieners: Een moontlik program wat gevolg kan word is dat Gr. 8’s connect word met ‘n ouer, gelowige tiener. Die program begin met ‘n 6 weke basiese geloofskursus wat hulle saam bywoon en daarna reël die mentor en die gr. 8 spontane afsprake deur die loop van die jaar.
  4. Interouderdom byeenkomste/groepe: Daar kan byvoorbeeld ‘n piekniek of pannekoekbak gereël word vir die hele laerskool kategese of ‘n avontuuruitstappie soos stap in die berg vir die tieners. ‘n Ander moontlikheid is kleingroepe van verskillende grade kinders/tieners binne ‘n koshuis.
  5. Twee gemeentes of jeuggroepe uit verskillende kerke/kulture kan iets saam doen of net saam kuier: Die NG Kerk en charismatiese kerke van ‘n dorp kan byvoorbeeld ‘n pretdag saam reël of die VG en NG Kerke van die ring se jongmense kan saam kamp.
  6. Kinders/tieners kan blootgestel word aan ander mense uit die gemeenskap met verhoudingsgerigte geleenthede: ‘n Speletjiesdag kan byvoorbeeld gereël word gesinne in die omgewing wat vir die hele gemeente aangebied word soos #imagine kidz.

Kix – gratis kinderbediening lesse

Gratis kinder lesse
Benodig jy praktiese lesse vir jou kinderbediening of uitreikprogram?
Kix bied volledige lesplanne en uitdeelstukke gratis aan op hul webwerf www.kixkinders.co.za.
Gaan na die hofie aan die bokant van die tuisblad “laai materiaal af” om toepaslike ontmoetings uit die argief af te laai. Geskik vir laerskool kinders. #DinkJeug