kinderdienste

kindermoment – Oupa Abie video clips

Kindermoment – Oupa Abie video clips
Nuttige skakel met ‘n weeklikse poppekas episode:

www.facebook.com/AbieOupa

“Oupa Abie” se facebook blad bied elke week ‘n gratis 4-5 min poppekas video om te gebruik in eredienste of kategese. Die pop “Oupa Abie” gesels gewoonlik met een van sy kleinkinders oor die leesrooster teks van daardie week. Handig om te gebruik as ‘n kinderoomblik of as ‘n huisgeloof hulpmiddel om deur gesinne tuis te kyk en te bespreek. LW al is hierdie ‘n poppekas is dit gerig op die vlak van ‘n Graad 5-7 laerskool kind. Daar is ook gespreksvrae onder aan die youtube skakel.
In hierdie episode gesels Oupa Abie met Carlo oor God, Jesus en die Heilige Gees (1 Korintiërs 13: 11-13)

Pinkster materiaal

On the Journey – Tiener preek reek sof kamp met 5 sessies

Die reeks bevat 5 sessies en sluit aan by die #imagine tema van 2017 maar herhaal dit nie. Dit is geskryf vir pinkster maar kan ook enige tyd van die jaar gebruik word. Dit sluit 5 preekriglyne in, asook voorstelle vir gebedstasies en grootgroep speletjies by elk. Dit kan ook maklik gebruik word vir ‘n kamp.

Vir die program in PDF formaat, “click” hier: On the journey – ‘n reeks of kamp vir tieners

Vir die verskillende media prentjies waarna verwys word in die materiaal,  “click” hier.


Elektroniese Tiener Pinkster

Sosiale Media is deel van meeste tieners se leefruimtes en kan so maklik gebruik word as ‘n goeie voermiddel om by almal uit te kom wat nie altyd by die kerk kan uitkom nie. Hierdie reeks is saamgestel uit  8 Bybelstudies vanuit die Onsglo webtuiste of toep, wat fokus op Pinkster-tema’s, met ‘n Whatsapp prentjie en Facebook post vir elke dag.

 

Hoe werk dit:

Die reeks is opgestel om oor 8 dae te loop soos hieronder voorgestel, maar voel vry om dit te gebruik soos benodig.

  • Donderdag 25 Mei: Hemelvaart
  • Sondag 28 Mei: Heilige Gees
  • Maandag 29 Mei: Geloof
  • Dinsdag 30 Mei: Kerk
  • Woensdag 31 Mei: Gebed
  • Donderdag 1 Junie: Gehoorsaamheid
  • Vrydag 2 Junie: Getuienis
  •  Sondag 4 Junie: Gawes
Vir elke dag is daar ‘n Whatsapp prentjie wat uitgestuur kan word aan die verskillende tienergroepe.
  1. Laai die Whatasapp prentjies met ‘n link na die dag se Bybelstudie stuk ,sowel as die “Whatsapp Boodskap” Word dokument op jou rekenaar af.
  2. Gaan na www.web.whatsapp.com (om Whatsapp boodskappe vanaf jou rekenaar te stuur).
  3. As jy nog nie op die website ingelog is nie, maak Whatsapp op jou foon oop, gaan na die menu (die 3 kolletjies onder mekaar regs in die hoek), kliek op Whatsapp Web, en scan die QR kode wat op die website wys met jou foon se kamera. Dit behoort jou dadelik na jou Whatsapp te neem.
  4. Gaan na die betrokke groep/persoon vir wie jy die prentjie wil stuur.
  5. Kliek op die attach (skuifspeld) ikoon regs bo, en dan op die pers foto ikoon wat sê “photos & videos”.
  6. Dit sal jou rekenaar dokumente oop maak. Soek die prentjie wat jy wil stuur en heg dit aan.
  7. As jy wil, maak dan op jou dokumente die “Whatsapp Boodskap” Word dokument oop, copy die betrokke prente se boodskap en paste dit onderaan die prentjie op jou Whatsapp chat.
  8. En nou…druk stuur!
Daar is ook ‘n Facebook post met van die inligting van die dag se Bybelstudie stuk wat gedeel kan word op Facebook, sowel as ‘n dokument met die link wat jy in die “write” gedeelte op jou Facebook post kan sit.

 

Kliek hier vir die Whatsapp prentjies.

Kliek hier vir die Elektroniese Tienerpinkster boodskap gedeeltes vir Whatsapp prentjies

Kliek hier vir die Facebook prentjies 

Kliek hier vir die Elektroniese Tienerpinkster boodskap gedeeltes vir Facebook posts

 

Die webtuiste kan besoek word by www.onsglo.co.za of laai die volledige toep af op jou slimfoon deur in jou playstore te soek vir “Ons glo”.

Kinderpinkster reeksGee my ‘n G.-E.-E.-S!

 
Het jy nog nie ‘n reeks vir Kinderpinkster nie of is jou inspirasie dalk min? 
Hierdie is ‘n reeks met 7 sessies wat afsonderlik vir bv Pinkstersondag of Pinksterfees gebruik kan word; as ‘n geheel (soos benodig word) of om jou huidige reeks aan te vul. Elke sessie het voorstelle vir ‘n inleidende speletjie, boodskap, ‘n gratis poppekas-video wat by elke sessie pas, en ‘n vaslê-kunsaktiwiteit. 
 
Temas vir die reeks:
  1. Pienk Stêr?! Wat is Pinkster? :: Handelinge 1:1-9,2:1-4
  2. Ek is belangrik Wat beteken Pinkster vir my? :: Joël 2:28–32
  3. Hoe spel mens G-E-E-S? Wie is die Heilige Gees? :: Johannes 16:5-15
  4. Lewe! Waarom het ons die Heilige Gees nodig? :: Esegiël 37:1,4–11,14
  5. Nuwe mense Hoe verander die Heilige Gees ons? :: Galasiërs 5:16-23,25
  6. Liefde, die beste Wat laat die Heilige Gees ons doen? :: 1 Korintiërs 12:27,31; 13:1–3,8–10,12–13
  7. Wat nou? Waarom vier ons Pinkster? :: Handelinge 1:8,2:1-13

Kliek hier om die volledige reeks in PDF formaat af te laai: Gee my n G E E S – Kinderpinkster Reeks

Kliek hier om video’s van die poppekas af te laai: Poppekas Video’s

 

Anthonette Bridge: Ontmoet vir Huh en Ah-ha

jeugwerkersmosselbaaiGESPREK MET ANTHONETTE BRIDGE – JEUGWERKER – MOSSELBAAI AGS

Anthonette Bridge vertel dat die kinderbediening in die gemeente waar sy werksaam is, plaasvind tydens die twee oggend eredienste (dit word herhaal). Daar is eers ‘n groot groep byeenkoms vir Voorskool tot 6 saam en daarna is daar ‘n toepassing,aktiwiteit en omgee wat in klein groepies plaasvind. Sy ontwikkel die materiaal vir die lesse, sodat die temas aansluit by die preek reekse van die volwassenes. Dit is ‘n uitdaging om dit volhoubaar te doen, want dit neem baie tyd en dit verg baie kreatiwiteit om die temas steeds relevant en eenvoudig vir kinders te hou.

Haar groot uitdaging is dat Voorskool tot Graad 6 in een groep sit en dat die boodskap dus vir ‘n breë groep verstaanbaar en van toepassing moet wees. Hulle het egter ‘n kreatiewe oplossing gevind: sy en een van hul pastore trek aan soos twee karaktertjies en dra die boodskap oor deur middel van ‘n rollespel.. Sy sê hierdie twee karaktertjies het eintlik maar net spontaan ontwikkel.  Die twee karaktertjies se name is “Huh” en “Aha”. “Huh” is die “dom” karaktertjie met ʼn pienk pruik op, wat altyd die vrae vra en “Kaptein Aha” is weer die een wat verduidelik en meer antwoorde gee.

Sy vind dat die kleiner kinders veral met “Huh” se karakter identifiseer, terwyl die ouer kinders met “Aha” identifiseer, maar eintlik geniet almal die twee se manewales. Sy vind dat hierdie deurlopende karakters help ook om die weke se temas aan mekaar te verbind vir kontinuïteit.

DINKJEUG vra:

  • Is daar nog gemeentes wat met “karakters” werk in kinderbediening?
  • Is daar nog gemeentes wat deurlopend materiaal ontwikkel wat by die groter gemeente se preek temas aansluit?

 

Laat weet ons, sodat ons kan saamdink en deel.