Matteus

Kinderoomblik: Gereed wees (Matt 25:1-13)

Kinderoomblik (4)

Teks: Matteus 25:1-13

(Met kinders voor jou)

Wie het al gaan kamp?

Wie het al iets vergeet by die huis wat hulle nodig gehad het op die kamp?

Partykeer pak ons mos in en vergeet die dinge wat die belangrikste is by die huis: soos jou handdoek en jou eetgerei – hoe gaan jy eet of stort?!

Dan is jy eintlik teenwoordig op die kamp, maar verseker nie voorbereid nie! Jy kan daar wees, sonder om reg te wees daarvoor!

(Slaan vooraf ‘n tent op met ‘n kampstoel en tafel in liturgiese ruimte)

Hier het ons nou sover ‘n tent en ‘n kampstoel en ‘n tafel. Ek het julle gereelde kampers se hulp nodig, want ek gaan kamp nie baie gereeld nie en duidelik is ek nie baie ingelig oor wat ek nodig het nie.

(Steek al hierdie items iewers agter weg en gaan haal dit uit soos die kinders dit noem)

Ek is honger.  Wat gaan ek nodig hê as ek honger is? (Vb’e: Gasstofie, pan, cooler box & eetgerei)

Ek is nou klaar geëet. Wat maak ek nou met die vuil skottelgoed?  (Skottel)

Nou is dit donker. Wat het ek nou nodig? (Lantern & koplig)

Sjoe, maar hierdie lig trek darem nou baie muskiete. Wat het ek nodig om hulle weg te hou? (Tabard & Citronella kers)

Nou het ek lekker geëet, maar magie vol, ogies toe! Ek is moeg. Wat het ek nou nodig? (Slaapsak, kussing & opblaasmatras