missionaal

Cultivating Missional Change

As jy wonder oor “kerk wees”, belangstel in ander vorms van gemeente lewe, al gehoor het van “fresh expressions”, dan is hierdie boek vir jou. Cultivating Missional Change bevat ‘n versameling verhale van verskillende denominasies reg oor die wêreld en is ook geskryf deur teoloë van regoor die wêreld, insluitend Suid-Afrika. Hierdie boek kan jou begrip van “missionaal” uitdaag en kan jou gedagtes rondom uitreik en gemeente lewe stimuleer.

Omdat hierdie boek so ‘n groot verskeidenheid verhale en skryf stukke bevat, mag daar hoofstukke wees wat jou kan verveel omdat dit dood eenvoudig nie relevant is nie. As jy egter nuuskierig is en meer sou wou weet van gemeentes en denominasies in ander lande, sal selfs hierdie afdelings jou interesseer.

 

Uitreik Bybelstudies

Neem jy ‘n groep op ‘n uitreik hierdie vakansie? Benodig jy Bybelstudies om saam te doen?

Laat elke tiener, kategeet en ouers die gratis toep “onsglo” aflaai op hul selfone (op die appstore en google play store beskikbaar)

https://play.google.com/store/apps/details?id=za.co.onsglo&hl=en

https://itunes.apple.com/za/app/ons-glo/id1220885509?mt=8

Die inhoud is ook op die webtuiste www.onsglo.co.za beskikbaar.

Gebruik dan die Bybelstudies en “lees meer” gedeeltes onder elkeen van die onderstaande temas. Die Bybelstudeis kan alleen of in ‘n groep gedoen word. Daar is ook telkens ‘n aktiwiteit, gebedswenk en tiener fokus by elke onderwerp. Ouers kan aangemoedig word om saam met die tieners die onderwerpe tuis te volg.

1. Diensbaarheid

Jesus was die voete van sy dissipels

Johannes 13:1-17

http://www.onsglo.co.za/2017/03/06/3-diensbaarheid/

2. Dankbaarheid

Die arm weduwee se gawe

Markus 12:41-44

http://www.onsglo.co.za/2017/03/06/4-dankbaarheid/

3. Getuienis

Jesus en die Samaritaanse vrou

Johannes 4: 1-42

http://www.onsglo.co.za/2017/03/06/5-getuienis/

4. Gebed

In die tronk in Filippi

Handelinge 16:16-40

http://www.onsglo.co.za/2017/03/06/3-gebed/

5. Koninkryk

Die gelykenis van die onkruid tussen die koring

Matteus 13:24-30 en 36-43

http://www.onsglo.co.za/2017/03/06/5-koninkryk/

 

Hoe lyk huishoudings in Suid-Afrika?

#DIepdink

Wanneer gemeentes nadink oor jeugbediening, is dit onmoontlik om die jeugbediening los te maak van die huishoudings waaruit die jongmense kom nie. Dit is onmoontlik vir ’n jeugbediening om alleen verantwoordelikheid te neem vir die geloofsontwikkeling van kinders. Buiten dat dit onmoontlik is, lê ’n Bybelse verstaan van geloofsontwikkeling die verantwoordelikheid daarvan juis by die voete van ouers.

In 2005 het die Algemene Jeugkommissie van die NGK in samewerking met Buvton en die Hugenote Kollege in twintig gemeentes uit Gauteng en die Wes- en Suid-Kaap ‘n projek genaamd die Familie Gemeente Projek (FGP)[i] afgehandel. Een van die bevindinge van hierdie projek het gewys dat ouers gevoel het dat gemeentes hulle nie genoeg ondersteun in hul taak van geloofsontwikkeling van hul kinders nie. My opinie hieroor is dat gemeentes eerstens nie die aard van huishoudings verstaan nie en daarom ook nie altyd weet wat gesinne nodig het nie.

In 2011 het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIR)[ii] ’n studie, getiteld First Steps to Healing the South African Family asook Solidariteit Helpende Hand (SHH)[iii] se verslag, ʼn Foto van Afrikaanse Gesinne in Suid-Afrika bekend gestel wat ten doel gehad het om ’n prentjie van huishoudings te skep.

Die SAIR het hulle prentjie van die groter Suid-Afrika opgesom deur te sê dat “In South Africa, the ‘typical’ child is raised by their mother in a single-parent household.” Hulle het die volgende statistiek daarvoor gehad:

  • 35% van alle kinders in Suid-Afrika leef saam met albei hul biologiese ouers.
  • 40% van alle kinders in Suid-Afrika leef slegs by hul biologiese ma
  • 8% van alle kinders in Suid-Afrika leef slegs by hul biologiese pa
  • 6% van alle kinders in Suid-Afrika leef glad nie by enige van hul biologiese ouers nie
  • 43% van Suid-Afrikaanse kinders tussen 0 en 4 jaar leef saam met albei ouers in die huis
  • 24% van wit kinders in stedelike gebiede woon in enkel-ouer gesinne

SHH het gefokus op spesifiek wit, Afrikaanse huishoudings en hier lyk die statistiek soos volg:

  • Ongeveer een uit drie van Afrikaanse kinders kom uit ’n gebroke gesin (geskeide ouers)
  • 66% van gebroke huishoudings se kinders leef by die ma,
  • 15% van gebroke huishoudings se kinders leef by die pa
  • 19% van gebroke huishoudings se kinders leef by ander familie of vriende
  • Huishoudings spandeer 10-12 ure per week minder saam

Hierdie prentjie help ons om dalk meer te verstaan wat die uitdagings is waarbinne gemeentes hul jeugbediening moet sien. Die groter sekularisasie van die samelewing en die post-Christendom era het reeds tot gevolg gehad dat dit glad nie meer ’n gegewe is dat kinders outomaties kerk toe kom nie. Hoewel daar steeds baie kinders gedoop word en “op die boeke” is, is dit toenemend ’n geval dat slegs ongeveer ’n derde[iv] van daardie kinders enigsins by die gemeente se jeugbediening geleenthede gaan uitkom.

Die struktuur van huishoudings wys vir ons dat van die derde wat wel kom, byna ’n kwart waarskynlik net elke tweede week die jeugbediening sal bywoon, weens ouer-toesig kwessies. Omdat huishoudings ook merkbaar minder tyd saam spandeer, kan ons bespiegel dat, veral Sondae, wanneer daar nie werk en/of skool programme is nie, ’n huishouding aktiwiteite sal kies waaraan almal saam kan deelneem en nie iets doen wat hulle generasie-gewys fragmenteer nie.

Wat hier nog nie deel van die prentjie is nie, is die die huishoudings wat wel twee ouers het, se werk samestelling. Daar is aspekte soos veral in stedelike gebiede, waar een van die ouers pendel vir werk, hetsy op ’n plaaslike vlak (bv. 2 ure in die motor), op nasionale vlak (gereelde werk in ander dele van die land) of in die buiteland (kontrak-werk, multinasionale maatskappye, ens.) Die praktiese effek daarvan is ook in der waarheid enkelouer huishoudings. Daar is ook nie na die invloed van skoolprogramme op kinders se tyd gekyk nie.

Die missionale beweging van die kerk vra dat jeugbediening al meer kreatief moet dink om jongmense te bedien in die wêreld waar hulle is. Een van die aspekte hiervan is om kinders se ouers beter toe te rus om binne-in die huishoudings geloofsvorming te fasiliteer, maar ook om ruimte en kapasiteit te skep waar huishoudings as ’n eenheid kan tuis kom in die bediening van die gemeente.

[i] Familie Navorsing Projek – A (FNP A). (n.d.). Opsomming van vraelyste. Ongepubliseerde verslag.

Familie Navorsing Projek – B (FNP B). (n.d.). Familie Navorsing: ‘n Outsider Witness Verslag oor die Opsommings van Onderhoude. Vir verdere refleksie… Ongepubliseerde verslag.

Familie Navorsing Projek – C (FNP C). (n.d.). Familie Navorsingsprojek: aan huis van Nico Simpson. Ongepubliseerde verslag.

 

[ii] Holborn, L & Eddy, G. (2011). First steps to healing the South African Family. Johannesburg: South African Institute of Race Relations.

 

[iii] Taljaard, A., & Langner, D. (2011). ‘n Foto van Afrikaanse Gesinne in Suid-Afrika. Pretoria: Solidariteit Helpende Hand.

 

[iv] SCHOEMAN, WJ. (2011). Kerkspieël – ‘n kritiese bestekopname. NED GEREF TEOLOGIESE TYDSKRIF

DEEL 52, NOMMERS 3 & 4, SEPTEMBER & DESEMBER. Wellington: CLF

The Third Space

3ds

‘The Third Space’ het ontstaan deur Ray Oldenburg, ‘n sosioloog wat van die term gebruik maak in sy boek getiteld ‘The Great Good Place: Cafes, Coffee Shops, Community Centers, Beauty Parlors, General Stores, Bars, Hangouts and How They Get You Through the Day’.

Oldenburg glo dat ‘third spaces’ ‘n belangrike manier is om gemeenskap te vorm. Dit bou kohesie en vorm identiteit. “Third spaces are a vital factor in the quest for community”.

rds‘n Third Space is ‘n plek wat almal in hul lewe het. Dit is ‘n plek wat nie jou huis of jou werk is nie en waar jy kontak maak, reflekteer en ontspan.

Dit help jou met die oorgang en beweeg na verskillende ruimtes in jou lewe.

In my eie konteks gebruik ek “Third Spaces” as ‘n ekumeniese beweging waar ons eenkeer ‘n week by ‘n neutrale plek soos ‘n koffee winkel bymekaar kom. Ons kom as verskeie denominasies bymekaar as jong volwassenes om in gesprek te tree oor waar ons die Here ervaar in ons lewens. Hier word ‘n ruimte gebied waar stories uit verskillende kontekste gehoor en gedeel word.

Die geleentheid word “The Third Space” genoem waar ons ‘n sosiale netwerk vorm waar dialoog kan geskied. Dis ‘n ruimte en sosiale platvorm vir jong volwassenes om saam te ontspan, kontak te maak en te reflekteer oor God en die lewe. Sodoende word ons blootgestel aan verskillende Godsbeelde, spiritualiteite, wêreldbeskouing wat ons persoonlike lewens verryk en vernuwe. Deur die vertel van stories maak ons sin van die lewe.

Almal word dan gemotiveer om ‘Third Spaces’ op ander plekke met mekaar te skep en sodoende vorm hulle gemeenskap rondom verskeie belangstellings en aktiwitiete.

Soos ek reeds genoem het gebruik ek spesifiek ‘Third Spaces’ om verhoudings te bou binne ons konteks van jong volwassenes in ekumeniese verband, maar ‘n mens sou kreatief kon omgaan met die konsep van ‘n ‘Third Space’.  Dit kan ook dien as ‘n tipe ‘Fresh Expression’ om ‘un-churched’ en ‘de-churched’ mense te bereik.

3rdsa

Ds Johan Visser

Woodland Hills Gemeenskapskerk

Anton Duvenhage – Sport bediening in skole

www-gazillionthanks-com-4Anton gebruik die “Let’s play” inisiatief om sy plaaslike Hoërskool in Hermanus te bedien.

Uitdagings soos verskillende denominasies wat “kompeteer” by ‘n skool, kan uitgeskakel word as denominasies saamwerk en deur sport as voertuig saam ‘n skool bedien.  Dit is ook ‘n uitstekende manier om verhoudings te bou. “Kinders het nie altyd vervoer om by ‘n kerkgebou uit te kom nie, so jy moet kerk gaan wees by hulle”, verduidelik Anton.

Dit kan ook vanuit ‘n gemeente gedoen word. Vorm byvoorbeeld `n netbal en sokker span vanuit jou gemeente se jongmense en gaan speel dan saam met die kinders van ‘n ander woonbuurt of kultuur.

Artikel samegestel deur Nicola Alberts en Anriëtte de Ridder na aanleiding van ‘n gesprek oor skole bediening gebou op 4 Augustus 2016. Deelnemers aan die gesprek, soos Anton Duvenhage, het stories vertel van hoe skole bedien word in elkeen se eie konteks.

Rev Esmé Bouwers on the role of the local church

winterskool-esme-bouwers-church-on-a-hillRev Esmé Bouwers was a keynote speaker at this years Winter School in Stellenbosch. She confronted and motivated the Winter School delegates with the question: is the church a city on a hill or “agter die klip”? What are the stones that hinder the church to shine and be the salt?

She described places in her own life where she saw the church as it should be – unified, in spite of theological differences. Humbly asking forgiveness. Seeking to serve.

We should discover our local church’s purpose. It should not be about growing in numbers or building bigger churches, but it should rather be about serving.

Read Eph, Rom, 1Kor 12, Rev.

Each congregation has its own sin, challenges and recommendations

It is His church! Each church should be a light in the community in which they are in.

She explained why we should not only be a home for all as church, but why we must have a heart for all!! She challenged the delegates to rethink the role of women and the youth in leadership. She challenged the diversity and inclusion of all in churches.

The church is a:

City on a hill!

Salt and light!

Rev Esmé Bouwers is reshaping the way we think about women in leadership positions by her own example. Her affirmation of the local church gave me hope and made me think about my own congregation’s role in the community.