organisasie

Webwerf oor depressie

Webwerf oor depressie: depressie101

Hierdie is ‘n baie handige webwerf vir mense wat inligting benodig oor depressie, angs en selfmoord. Daar is ‘n afdeling met inligting sowel as ‘n afdeling wat raad gee oor hoe ‘n mens die siekte van depressie bestuur in jou lewe. Daar is ‘n maandelikse nuusbrief met nuttige inligting, sowel as kontakbesonderhede van instansies wat hulp kan verleen. Hierdie organisasie doen ook opvoedkundige toneelopvoerings by skole en kerke en lewer praatjies vir tieners of ouers.

http://depressie101.co.za/

Project School’s se mentorskap program

Project School’s se mentorskap program

Kinders en tieners is baie meer by die skool as by die kerk – dus bly die skool ‘n belangrike ruimte vir invloed. In die Mentorskap program van Project Schools gebruik hul jongmense wat in die skool was en plaas hulle in hul eerste jaar na skool terug in die skool. Hulle staan dan bekend as jeug “mentors”. Hulle is nie jeugwerkers nie, maar dien eerder die oë en ore van die jeugwerker. Die jeugmentors verwys dan tieners wat gesprek nodig het na die jeugwerkers/ predikante / beraders wat by die skool betrokke is.

Sleutel sukses elemente:

  1. Opleiding – jy sit iemand in die skool sonder opleiding en met lae salaris. Hy/sy word egter deurgaans ge-mentor deur die predikante. Verwag van hom/haar om iets te swot deur die jaar.
  2. Hy/sy moet self ook die mentorskap uitleef soos wat hy self ge-mentor word. Dissipelskap is baie belangrik.
  3. Spanbenadering – kry verskillende denominasies se inkoop en saamwerk aan die projek. Die jeugmentors verbind dus jongmense aan die tieners se eie denominasie en nie aan een denominasie of gemeente nie.
  4. Mentors bly weg van dogmatiek of kerk-spesifieke teologie. Die Bybel en geloof is sentraal, maar dit is ruim genoeg dat ander gelowe ook veilig voel. Die fokus bly life-coaching en vriendskap.
  5. Daar is uitdagings met die jong mentors. Hulle is pas self uit hoërskool en hulle “coolness” faktor oorskadu soms die bedingingsfaktor. Hy/sy is soms te cool vir “nie-cool” kinders om veilig te voel en hom/haar te nader. Hou aan om mentors diensbaarheid en toeganklikheid te leer.
  6. Daar moet ‘n formele werksonderhoud en proses wees ‘n met kontrak, verlofdae en spesifieke verantwoordelikhede.
  7. Die jeugmentors is ook betrokke by hul spesifieke gemeente waar hul ook diensbaar is. Ander kerke kan ook hul nader vir hulp.

Vir meer inligting oor Projectschools besoek hul webblad www.projectsschools.co.za of vind hul op facebook.

Hierdie was deel van die energiegesprek oor skolebediening in 2016. Vicus Kruger (jeugwerker) het verduidelik hoe Project Schools te werk gaan in die skole van die Bellville omgewing.

Meer oor Gateway Youth Foundation– ‘n organisasie wat werk in skole

www-gazillionthanks-com-9Die ou model (van ‘n jeugwerker in elke skool plaas) werk nie, volgens Willie Roos van Gateway Youth Foundation. Dit was duur om te onderhou en jeugwerkers was baie jonk en het nie lank gebly in ‘n skool nie.  Die model wat Gateway dus volg plaas nie jeugwerkers in ‘n skool nie, maar eerder ‘n mentor langs ‘n skool wat die skool ondersteun / bemagtig om `n christelike vereniging te bou in die skool.

Dit bestaan uit 5 bene wat die mentor vestig

  1. ‘n Aksie span wat bestaan uit onderwysers, jeugwerkers, ouers ens wat die proses in die skool saam bestuur
  2. Dissipelskapgroepe
  3. Gebedspan – wat ‘n gebedskultuur in die skool vestig
  4. Projekte – uitreike of waarderingsprojekte wat gereël word
  5. Media

Sleutel elemente:

  • Gateway stel ‘n mentor aan wat hierdie proses met 5 komponente dryf. Gateway as organisasie lei hierdie mentor op en is verantwoordelik vir hom/haar.
  • Die mentor is tipies verantwoordelik vir ‘n paar skole. Die mentor is egter nooit alleen verantwoordelik nie. Hy/sy moet in samewerking met die kinders en volwassenes werk.
  • Hoe meer eienaarskap en inisiatief kinders het met hierdie model, hoe vinniger groei dit.
  • Die mentor het dan ervaring van verskillende skole.
  • Sy/haar salaris word deur 5 skole gedeel (dit is dus ‘n meer leefbare salaris, maar een skool/kerk word nie alleen daarmee “belas” nie).
  • Daar kan dus ook meer ervare mense aangestel word as mentors, wat belangrik is vir die samewerking met die strukture (beheerliggame, kerke ens).
  • Hierdie is ‘n spanbenadering, waarin almal buiten die mentor vrywilligers is. Dit kweek ook selfstandigheid.
  • Die model en struktuur werk nie sonder goeie verhoudings nie.

Kyk ook na www.gateway.co.za

Gateway is meestal in die noorde van Suid-Afrika by skole betrokke.

Artikel saamgestel deur Nicola Alberts en Anriëtte de Ridder vanuit die energiepunt gesprek oor skolebediening.

Meer oor Kohin – ‘n organisasie wat werk in skole

www-gazillionthanks-com-7Hierdie organisasie funksioneer veral in die noorde van SA en plaas jeugwerkers in skole met ‘n basiese salaris. Hulle sterkpunt is dat hulle ‘n vaste model het met streng prosedures waarin elke jeugwerker onder ‘n mentor aangestel word en in ‘n hub sisteem funksioneer. Hulle het dit reggekry om ook in swart / gemengde skole te begin bedien en fokus veral op life skills en basiese persoonlike gesprekke. Hulle is egter ook verantwoordelik vir die christen vereniging van die skool.

Sterkpunte:

  • Daar is baie duidelike uitgespelde rolle, prosedures, verslaggewing ens.
  • netwerk soos episkopale sisteem, mense wat jou ondersteun en help en vooruitgaan
  • interkerklik, hulle mag oor sekere goed nie praat nie of `n sekere denominasie bevoordeel nie
  • Kohin gee vir hulle jeugwerkers hulpmiddele en opleiding deurlopend
  • Hulle fokus is op 1 tot 1 sessies, alhoewel daar ook groot-groep byeenkomste is
  • meer as 1 “coach” kan by ‘n skool geplaas word wat dan elkeen ‘n verskillende rol sal vervul
  • hulle is goed om meer “facetime” met die kinders te hê

Swakpunte

  • betaling van die coaches hang af van kursusse voltooi en of jy by die kerk ook aangestel is, maar dit is min
  • hulle fokus op jong coaches
  • baie admin
  • afhangende van jou konteks kan jy ingesluk word deur probleemgevalle

Sien ook www.kohin.co.za

Artikel samegestel deur Nicola Alberts vanuit ‘n energiepunt gesprek oor jeugbediening in skole op 4 Augustus 2017 te Communitas deur ‘n groep jeugwerkers en jeugleraars.

Future Now – skole projek van die Hoëveld Sinode

www-gazillionthanks-com-6Volgens Gert van der Merwe help Toekoms Nou / Future Now vir gemeentes om `n venootskap met skole aan te gaan. Hulle vind dat baie kinders gaan nie meer kerk toe nie en dat die meeste skole oop is vir die kerk solank hulle aan sekere vereistes voldoen. Hierdie projek moet deel wees van ‘n kerk / kerke se missionale gestalte in ‘n gemeenskap.

Hulle wil die term jeugwerker vermy, praat van jeugmentors. Future Now kry kerke betrokke by skole – daar is min of meer 2 kerke per skool as jy die hoeveelheid kerke deur die hoeveelheid skole deel.

Hoe werk dit?

  • Hulle fokus daarop om ‘n ouer persoon aan te stel (met ander woorde nie eks-matriekulant nie, maar iemand met ‘n graad of ervaring, minstens 21jaar oud).
  • Hulle beoog om ‘n salaris gelykstaande aan onderwysersalaris te betaal. Daar is verskeie scenarios bv ‘n afgestudeerde predikante wat nie ‘n “vol” pos kan kry nie, word bv 50-50 pos tussen kerk en futurenow aangebied.
  • Die jeugmentor werk minstens 4 dae by die skool, het kantoor by die skool en is vorm deel van die personeel
  • Future Now stig HUBs wat hierdie mense begelei. Dit bestaan uit gemeenteleiers ens wat mekaar ondersteun.
  • Future Now bied ook praktiese opleiding
  • Die Jeugmentor doen voorkomingswerk asook geloofsontwikkeling (eerder as om die heeltyd berading te doen).
  • Materiaal hang af van konteks, maar die hub bied raad vir jeugmentors
  • Verhoudingsbou is baie belangrik – met die bestuur asook die kinders
  • Future Now word deur die NG Kerk Hoëveld Sinode befonds, asook skenkers

Kyk ook na futurenow.co.za

Hierdie artikel samegestel uit ‘n gesprek oor skole bediening gehou met ‘n groep jeugpredikante en jeugwerkers op 4 Augustus 2016 te Communitas. Die gesprek is gereël deur die Taakspan vir Jeug en Familie, Wes Kaap NG Kerk.

 

Meer oor Scripture Union – organisasie wat werk in Engelse skole

www-gazillionthanks-com-2Mark Krastin van Scripture Union het verduidelik hoe Scripture Union bediening in skole benader. Hulle bedien op verskillende maniere in skole op grond van die konteks: in sommige skole is dit deur middel van ‘n “life skills” program en in ander skole vestig hulle ‘n christen vereniging met kleingroepe. Hulle het nie `n oorhoofse struktuur wat oral geld nie, maar verhoudings is vir hulle baie belangrik. Die strukture gaan afhang van die konteks.

Hoe werk hulle?

Die personeel van Scripture Union werk self in skole en ondersteun op verskillende maniere dié skole. Soms rig hul sport af, soms bied hul ‘n geestelike sessie aan, ens.  Na mate daar ‘n goeie verhouding gevestig is, sal hul SU groepies stig onder die leerders.  Hulle ontwikkel self materiaal. “Gather” is die materiaal wat gebruik word vir hoërskool groepe.

Hulle aanbevelings vir skole bediening:

  • Wees strategies met wat jy doen. Dink daaroor na met ‘n groep mense.
  • Hou by jou area.
  • Gebruik jou netwerke, verhoudings is belangrik
  • Vra vir die skoolhoof hoe jy betrokke kan raak en wees diensbaar
  • Wees doelgerig – Jy moet weet waarheen jy op pad is, voor jy begin, wil jy groot groepe trek of kleiner groepe vestig? Wil jy binne ‘n struktuur werk of meer organies funksioneer?
  • Dit gaan nie oor die getalle nie, maar gaan oor hoe effektief jy is met wat jy doen!

Besoek ook www.su.org.za

Hierdie artikel is opgestel deur Nicola Alberts vanuit ‘n gesprek oor skole bediening gehou op 4 Augustus 2016 by Communitas op Stellenbosch met ‘n groep predikante en jeugwerkers. Die gesprek is gehou deur die Taakspan vir Jeug en Familiebediening van die Wes Kaap NG Kerk Sinode.