paasfees

Saamwees vir Paasfees Paaspakkie

Maak jou eie Paaspakkie vir jou gesin of gemeente vir die Paasvakansie deur alles bymekaar te kry op die lys hieronder. Daar is 17 saam lees, dink en doen Huisgeloofgeleenthede wat jonk en oud kan doen om saam te dink oor Lydenstyd en Paasfees.

Lys van benodigdhede:

  • Boksies of sakkies om al die kaartjies en voorwerpe van die pakkie in te sit.
  • 1 Uitgedrukte kopie van die “Paaspakkie template” per pakkie. Verkieslik uitgedruk in kleur en op karton.
    Onthou om jou drukker “double sided, flip on short edge” te stel voor jy hierdie stukke uitdruk, sodat die regte beskrywing by die regte prentjie is.
    Elke bladsy bevat 4 poskaart grootte kaartjies. Sny elke bladsy dus in kwarte om al die kaartjies te kry. Daar is 17 kaartjies, 1 resep, 1 voorblad en 1 lees meer kaartjie.
  • Hier volg ‘n lys van die 17 kaartjies plus wat saam met elke kaartjie gegee kan word. Sit elke kaartjie saam met die bypassende voorwerp in ‘n sakkie om alles netjies en bymekaar te hou.
    1. Lydenstyd: 1 Swartsak
    2. Geheuespeletjie: Dobbelsteen
    3. Feesmaal: 6 Plekmatjies (die dokument “Plekmatjies” kan hiervoor gebruik word)
    4. Lof: ‘n Plakker met die woord “dankbaar” op en stukkies gekleurde karton om op te skryf
    5. Onderstebo: 2 Teesakkies
    6. Gereed: 2 Tea lights
    7. Dankies: Klippie
    8. Vrae speletjie: Slegs die kaartjie
    9. Belofte: 6 Haakspelde, krale/lint om dit mee te versier
    10. Diensbaar: “Geroep om te dien” plakkaat (die dokument “Diensbaar” kan hiervoor gebruik word)
    11. Onthou: ‘n Pakkie gis en die resep op bladsy 9 van die “Paaspakkie template” dokument
    12. Bid: Boksie Smarties
    13. Getuig: Bordkryt
    14. Kruisiging: Rooi tou en ‘n spyker
    15. Oomblikke: Slegs die kaartjie
    16. Hoop: Saadjies en ‘n klein potjie
    17. Uitstuur: Goue sterretjies en ‘n inkleur wêreld kaart (die dokument “Wêreldkaart” kan hiervoor gebruik word)
    18. Die Voorblad op bladsy 9 van die “Paaspakkie template” dokument kan bo-op die paaspakkie boks/sakkie gesit word.
    19. Delf Dieper opsie: Op bladsy 9 van die “Paaspakkie template” dokument is daar ‘n kaartjie getiteld “Delf dieper”. Op die kaartjie word daar verduidelik van die webtuiste/toep “Ons Glo” waar individue/gesinne dieper kan gaan delf oor sommige van die onderwerpe wat in die Paaspakkie is. Sit gerus die kaartjie onder in die boks.

Kry hierdie instruksies in PDF formaat: Maak jou eie Paaspakkie instruksies

Kry die Paaspakkie templaat hier: Paaspakkie -template (A4)

Kry die Plekmatjies hier: Plekmatjies (A3)

Kry die diensbaar plakkaat hier: Diensbaar (A3)

Kry die Wêreldkaart hier: Wêreldkaart (A3)