tieners

GEOPENDE DEURE: Aanbiedings vir kinders, jeug en studente

Die kinder-, jeug- en studentebediening van Geopende Deure Suider-Afrika strewe daarna om die plaaslike Kerk te bedien en om, sodoende, ook die vervolgde Kerk wêreldwyd op ʼn effektiewe wyse te bemoedig en te versterk. Ons is in staat om insiggewende multimedia-aanbiedings te gee, asook verskeie getuienisse uit die vervolgde Kerk, by skole, gemeentes en jeuggroepe. Ons jeugbediening fokus graag op diegene tussen die ouderdom van ses tot 21 jaar oud.

Ons programme word aangepas om in die behoeftes van die spesifieke gehoor te voldoen, asook die ouderdomme van die kinders en jongmense teenwoordig.
Ons aanbiedings kan omskryf word as aanbiedings by kleingroepe, skoolsaalopeninge, godsdiensperiodes, sendingweke, gebedsgroepe, Sondagskool- of Kinderkerkbyeenkomste, jeugkerkdienste, ens.
Die doel van hierdie aanbiedings is om die kinders en jeug in te lig oor die vervolgde Kerk, asook die werk van Geopende Deure in geslote lande reg om die wêreld.

Nooi ons gerus na jou gemeente of jeuggroep om te kom vertel van ons vervolgde broers en susters in Jesus Christus – húlle wat in ons geloof deel, maar nie ons vryheid nie! Kontak gerus ons Jeugkoördineerder, Natasja, vir meer besonderhede deur ʼn e-pos te stuur aan: youthsa@od.org of besoek gerus ons webblad vir meer inligting.

Geopende Deure – Diens aan vervolgde Christene wêreldwyd!

Wat is my spiritualiteit tipe?

Is jy blou, rooi, groen of geel? Watter van die volgende beskryf jou die beste?

Blou:
•Ek maak seker dat ek die Waarheid oor God weet.
•Ek hou daarvan om nog meer feite te ontdek van my geloof, wat my oortuigings onderstreep en duidelik maak.
•Ek doen moeite om die regte antwoord te kry op ander se vrae.
•Die Bybel is ‘n bron van kennis.

(more…)

Wat is die 4 spiritualiteit tipes?

Mense beleef God op verskillende maniere. Party mense beleef God deur iets nuut van God te verstaan of te lees. Ander beleef God deur musiek en emosies. Sommige verkies dit om iets prakties met hulle hande te doen en God só te beleef. Nog ander verkies om stil te word en God te aanbid.

(more…)

Millennials – energie en kreatiwiteit

Millennials is ‘n onuitputlike bron van energie en kreatiwiteit. Jy sal verras wees oor die palet van kleur wat hulle jou aanbied. Gryp die geleentheid aan!

Communitas se Predikantebegeleiding bied ‘n dagkonferensie/gesprek aan saam met prof Jaco Hamman van die VANDERBILT Teologiese Skool in Nashville, VSA. Hy is professor in Teologie, Sielkunde en Kultuur.

Sy boek, “The Millennial Narrative” handel oor die vraag: hoe kan die kerk mense bereik wat as ‘spiritual but not religious’ identifiseer?

6 VBO punte is te verdien, ‘n lekker middagete is deel daarvan, jy is saam met vriende en kollegas en bo alles word jy deur die dag begelei deur ‘n belese, berese, goed-ingeligte en dinamiese gespreksleier. Kom verruim jou en julle gemeente se bediening.

Die kursus op Maandag, 6 Augustus sal vanaf 9h30 – 15h30 plaasvind in die Hofmeyrsaal by die Fakulteit Teologie in Stellenbosch.

Kontak Adrienne Bester vir inskrywings by bestera@sun.ac.za /021 808 3382

‘n Vars Perspektief tot Berading aan Tieners

Die boek “Dansend met die Lewe” deur Kobus Anthonissen dien as raamwerk vir hierdie kursus. Die boek gebruik deurgaans die beeld van ‘n danser as metafoor om ‘n alternatiewe mens- en God-beskouing voor te hou. Dit kan mense ondersteun om ‘n gelukkige, vervulde lewe te leef te midde van gebrokenheid en lyding. Die kursus dek temas en vrae wat in tipiese beradingsgesprekke, met veral tieners, na vore kom.  (more…)

Life is beautiful

Die 7 weke reeks kom uit uittreksels van die Bergrede. Een van Jesus se doelwitte met die Bergrede was om mense praktiese leiding te gee oor hoe om so te lewe dat iets van die koninkryk van die hemele nou reeds sigbaar word in ons lewens. Die koninkryk is dus nie die hemel daar vêr in die toekoms of daar vêr buite ons sonnestelsel nie. Wanneer ons Jesus se lesse hier volg, kan ons nou reeds iets van sy beloofde mooi lewe beleef.

(more…)

Hoe kan jy ruimtes skep waar kinders dieper konneksie met mekaar kan maak?

1.    “Koffiekroeg”

Gereelde, deurlopende groter groepsbyeenkomste waarin die fokus op verhoudingsbou en geloofsgroei is.

2.   “Events”

Reël ‘events’, uitstappies of saam-eet geleenthede waar daar intensioneel verhoudingsbou met ‘peers’ (ook buite jou vriendekring) bevorder word.  Dit sluit die immer gewilde ‘deurnag’ of ‘saal-slaap’, 10-PIN bowling, ysskaats, pizza-aande in.

3.   “Jeuggroepe”

Alhoewel kinders se programme deesdae vol is, is ’n jeuggroep wat mekaar gereeld sien (al is dit nie elke week nie) ’n ruimte waar kinders kan groei en ’n geestelike pad saam met mekaar stap.

4.   Kategese

’n Kategese klassie – waar kinders/tieners met mekaar (en nie net die kategeet nie) gesels oor die lewe en oor geloof – is ’n ruimte waar kinders dieper konneksies met mekaar kan maak.

5.   Kampe

Tydens kampe word kinders/tieners begelei om dieper te deel en mekaar geestelik te versorg.    Kinders kry geleentheid om vir mekaar te bid, Bybeltekste met mekaar te deel, mekaar te bemoedig.

6.   Kuier-ruimtes

Jou jeuglokaal is ’n ruimte waar kinders/tieners informeel kan kuier.

7.   Diensgeleenthede

Wanneer jy geleenthede skep waar kinders/tieners saam aan ’n projek of uitreik deelneem, skep jy ook indirek geleenthede waar verhoudings gebou kan word.

Dink aan aksies soos ’n ‘karwas vir sendelinge’ of ’n blikskud vir ’n uitreik of die verf van die plaaslike crèche.

8.   Ander

Kan jy dink aan nog ruimtes wat ons kan skep?  Wat werk by julle?  Deel dit asb. met ons!

3 Goed waarmee tiener kleingroepleiers sukkel

Die meeste tienerbedienings maak staat op vrywilligers as groepleiers vir hul kleingroepe. Hierdie vrywilligers is ook gewoonlik ywerige mense wat kom aanmeld omdat hulle op ’n manier oortuig is deur die Here dat hulle die gemeente op hierdie manier moet dien. Dit is selde mense met opleiding of fasiliteringsvaardighede of meer ervaring as hul eie “Sondagskool” of CSV.

Die meeste kategese materiaal is ook afhanklik van gesprek en interaktiewe aktiwiteite wat deel vorm van groter gefasiliteerde proses. Wanneer jeugwerkers of predikante dan verby ’n groep stap, is dit gewoonlik die kleingroepleier wat met die kinders gesels… en ’n paar minute later steeds die kleingroepleier wat gesels… en paar minute later het die graad 9 seuns of aan die slaap geraak of mekaar met papierballetjies gegooi.

Die rede hiervoor is dat kleingroepleiers sukkel met ’n paar goed.

1.  Proses

Kleingroepleiers is nie altyd bewus van die groter proses van geloofsvorming nie. In die verlede was die klem sterk groot op kennis oordrag en die doelwit was om Bybelkennis onder die knie te kry (onthou jy Sondagskool eksamens?) Vandag volg ons groter prosesse wat soms eenmalig verduidelik word en daarna geïmpliseer word. Dis belangrik om kleingroepleiers gereeld te herinner aan die groter proses en hoekom dit interaktief en gespreksgedrewe bly.

Wat doen jy daaraan?

Kommunikeer by alle opleiding geleenthede die proses. Hoekom doen julle gemeente wat julle doen op die manier wat julle dit doen? Moet nooit aannames maak dat die kleingroepleiers dit sal onthou en implementeer nie.

2.  Leerstyle en persoonlikheid

Kleingroepleiers funksioneer gewoonlik uit hul eie leerstyle en persoonlikheidstipe en sukkel soms om te onthou dat daar soveel kombinasies van leerstyle en persoonlikheid is as wat daar jongmense in jou groep is. Tradisionele kennis oordrag was baie gestruktureerd en logies, wat daarom mense wat gestruktureerd en logies dink en funksioneer trek – daarom is dit baie kere maklik vir so persoon om net logies en gestruktureerd die inhoud oor te dra. Verskillende leerstyle en persoonlikheidstipes vereis verskillende benaderings om leer en geloofsvorming optimaal te funksioneer.

Wat doen jy daaraan?

Gebruik een volle opleidingsessie om ’n persoonlikheidstoets met die kleingroepleiers te doen en rollespel oor hoe verskillende persoonlikheidstipe en leerstyle in groepe funksioneer. Dis gewoonlik ook ’n goeie spanbou geleentheid. ’n Webtuiste soos https://www.16personalities.com/ het ’n eenvoudige, gratis toets met eenvoudige, duidelike verduidelikings. (Gebruik professionele en kundige mense in jou gemeente hiervoor as jy kan.)

3.  Stilte

Ons is oor die algemeen ongemaklik met enige stilte, selfs vir mense wat stilte verkies. In ’n groep opset veroorsaak stilte, veral by meer ekstrovert persoonlikhede, baie ongemak. Wanneer jongmense onseker is, is hulle geneig om stil te bly en gewoonlik spring die kleingroepleier in met die antwoord. Wanneer dit herhaaldelik gebeur begin die jongmense net wag sodat die groepleier op die ou end die “regte” antwoord gee.

Wat doen jy daaraan?

Spandeer gereeld tyd aan gespreksvaardighede, veral die kuns van oop vraagstelling en konstruktiewe stilte. Hierdie is vaardighede wat gedemonstreer en ingeoefen moet word.

Omdat vrywilligers gewoonlik beperkte ervaring het, is dit nodig om meer as een maal per jaar ’n opleiding sessie te hou. Voorbeeld en oefening help vrywilligers om die vaardighede te ontwikkel en te internaliseer, sodat hulle deelnemers word aan jongmense se geloofsvorming en nie bloot kennis-oordrag doen nie.

Christi Thirion (NG Kenridge)

15 Gebed idees vir jeug en kinderbediening

  1. Uit die boks gebede in verskillende style byvoorbeeld een woord gebede of gebede wat hardop gelees word as groep
  2. Gebede met verskillende liggaamshoudings byvoorbeeld om te kniel of deur palms na bo / onder te draai
  3. Antieke gebede
  4. Geskryfde gebede uit b.v. die handboek vir die erediens of die gebedeboek
  5. Laat kinders of tieners gebede skryf en iemand lees voor / dit word opgeplak vir verskillende aktuele onderwerpe
  6. Interaktiewe gebedstasies waar kinders of tieners deelneem bv tydens lydenstyd word stasies uitgepak vir kategese of die erediens. Nog ‘n voorbeeld is die “encounter stations” van #imagine
  7. Gebed met hulpmiddels soos ‘n gebedsbord, gebedsklippies, ‘n kunus, gebedsrooste ens. voorbeelde is op dinkjeug.co.za beskikbaar.
  8. Gebed deur kuns of crafts te gebruik bv fotos of klei of krale wat gebruik word om ‘n gebed uit te beeld.
  9. Bid vir mekaar – geleenthede word geskep vir jongmense om vir mekaar te bid of ander met gebed te bedien. Dit werk goed as jongmense eers “oefen” of dat die woorde vir hulle gegee word tot hul gemaklik word daarmee, byvoorbeeld op ‘n kamp of gebede vir bejaardes by ‘n ouetehuis.
  10. Gebed deur musiek – speel of sing ‘n lied as ‘n gebed.
  11. Gebed deur teks – gebruik die Onse Vader of psalms of ander tekste as gebede
  12. Gebed met simbole – soos klippies vir toewyding, of water in die doopvont as doopherinnering
  13. Gebed speletjies soos gebedsblokkie, gebedsmarties, gebed stokkies ens waar verskillende tipe gebede of onderwerpe aan verskillende kleure of nommers geheg word
  14. Gebed met fotos – jongmense skeur prente uit tydskrifte, koerante waarvoor hul wil bid
  15. Gebed met selfoon fotos- jongmense neem ‘n foto om iets uit te beeld waarvoor hul wil bid bv ‘n eienskap van God

Besoek dinkjeug op Pinterest vir lekker praktiese idees.

Onsigbare magte in ’n kleingroep: Leerstyle

Wanneer ’n kleingroepleier met kinders werk in ’n kleingroep situasie is daar ’n paar onsigbare magte, buiten die Heilige Gees, aan die werk. Dit is, magte wat, sonder aandag, maklik bose magte kan word, maar met die regte aandag lewenskrag in jongmense se geloofsvorming kan wees. Hierdie magte is leerstyle.

Elke mens het ’n voorkeur vir ’n kombinasie van leerstyle. Dit is die manier waarop die mens die maklikste inligting, kennis en vaardighede aanleer en vaslê. Daar is baie variasies op die tema waarvan Peter Honey[1] se beskrywings soos volg is:

Activists” is hoofsaaklik doeners. Hulle leer deur

  • Nuwe leer-ervarings, aktiwiteite en geleenthede
  • Kort hier-en-nou aktiwiteite soos speletjies, kompeterende take en rolspel
  • Aktiwiteite waar hulle aandag kry en in die kollig kan wees.
  • As hulle in die diepkant ingegooi word met ’n uitdagende aktiwiteit

Jongmense met hierdie leerstyl floreer wanneer daar gereeld iets nuut gebeur en hulle is oop vir nuwe ervarings. Hulle sukkel egter met die volgende:

  • Hulle is geneig om nie sommer oor meer as logiese voor die hand liggende oplossings of antwoorde te dink nie.
  • Hulle het die geneigdheid om te veel self te probeer doen
  • Hulle pak take gejaagd aan sonder om mooi te beplan
  • Raak maklik verveeld.

Reflectors” reflekteer graag oor inligting. Hulle leer die maklikste wanneer hulle

  • Iets moet ondersoek of oordink
  • kans kry om oor ’n saak te dink voordat hulle moet reageer
  • kans kry om te reflekteer oor wat hulle gesien of geleer het.
  • Tyd het om tot ’n gevolgtrekking te kom
  • Kan terugstaan om te observeer
  • Inligting kan versamel en integreer om tot ’n nuwe gevolgtrekking te kom.

Jongmense wat op hierdie manier leer vat gewoonlik bietjie langer omdat hulle op ’n metodiese manier inligting versamel en organiseer, voordat hulle gevolgtrekkings maak. Die uitdaging met jongmense met hierdie leerstyl is dat:

  • Dit lyk of hulle nie belangstel nie en passief is
  • Hulle kan lank vat om besluite te neem en tot ’n gevolgtrekking te kom
  • Hulle nie sommer deelneem aan groepgesprekke nie.

“Theorists” wil gevolgtrekkinge en uitkomste bepaal. Hulle leer die lekkerste wanneer:

  • inligting metodies kan oordink en gevolgtrekkings en verbande met sake kan trek.
  • In gestruktureerde omgewings met ’n duidelike uitkoms.
  • Wanneer hulle die kans kry om basiese metodes en motiverings agter sake kan bevraagteken en ondersoek.
  • Hulle intellektueel uitgedaag kan word.
  • Waar rasionele en objektiewe denke verwelkom word.
  • Hulle teenstrydighede kan saamgooi in ’n verstaanbare geheel

Jongmense wat op hierdie manier leer funksioneer goed in ’n omgewing waar ’n model of metode hulle kan help om ’n spesifieke uitkoms te bereik. Hulle is oor die algemeen baie gedissiplineerd, maar hulle sukkel wanneer:

  • Hulle buite die boks moet dink nie
  • Die uitkoms of proses onseker of deurmekaar is
  • Subjektiewe menings en perspektiewe – waar daar nie ’n definitiewe duidelike antwoord is nie
  • Vol moets en moenies

“Pragmatists” werk prakties volgens planne en tegnieke en hulle leer die maklikste  in omstandighede waar

  • Daar ’n duidelike verband tussen die inligting en ’n probleem of kwessie is.
  • Hulle tegnieke kan aanleer wat ’n duidelike toepassing vir hul leefwêreld het.
  • Hulle nuwe metodes en tegnieke kan inoefen met positiewe terugvoer.
  • Hulle kan fokus op praktiese aspekte
  • Teorie en informasie in praktiese situasies toegepas word
  • Hulle kan eksperimenteer met verskillende benaderinge

Hierdie jongmense is op die man af en duidelik en wil by die punt uitkom sodat hulle kan weet wat om te doen. Dit raak dus vir hulle moeilik om te leer wanneer:

  • Daar nie ’n duidelike praktiese toepassing is nie
  • Baie klem op teorie en basiese beginsels is
  • Hulle reeds ’n oplossing het

Wanneer ’n jongmens in ’n kleingroep situasie nie met een van sy dominante leerstyle gestimuleer word nie, raak hulle gewoonlik of heeltemal passief en onttrek of hulle raak ontwrigtend. Omdat ons nie altyd bewus is van jongmense se leerstyle nie interpreteer ons die gedrag slegs as ’n dissipline probleem.

Kleingroepleiers is geneig om self die kleingroep in te rig volgens hulle eie dominante leerstyl. Die ding wat dan ingedagte gehou moet word wanneer jongmense ontwrigtend is of nie deelneem nie, is of die jongmense dalk verveeld is omdat hulle nie in hul leerstyl akkommodeer word nie.

[1] How To Become A More Effective Learner

Hoekom is die HELE Bybel nodig?

‘n Jongmens vra “hoekom moet ons die hele Bybel lees en nie net die Nuwe Testament nie?”

Die Bybel is oos ‘n fliek

‘n Maklike manier om dit vir ‘n tiener te verduidelik is om die Bybel te vergelyk met ‘n fliek. Om die laaste (en belangrike deel) van die fliek te verstaan, help dit as jy die eerste deel van die storie gekyk het. As jy die fliek in die middel begin kyk, dan verstaan ‘n mens nie al die gebeure of karakters nie. Die impak van die fliek is dan minder. Dieselfde geld met die Bybel. Dit is ‘n versameling stories wat vertel van God se reis met die mens oor ‘n baie lang tyd. Jesus se koms het ‘n nuwe tydperk ingelei en daarom volg ons nie meer die wette of offerdiens of praktyke van die `Ou Testament nie. Maar deur die Ou Testament te lees verstaan ons die grootheid van Jesus se koms en die gawe van Sy genade soveel beter.

Die jongmens vra verder “maar hoekom is sekere dele so vreemd”?

Die Bybel is soos Netflix

Die Bybel is ‘n versameling stories soos Netflix ‘n biblioteek van flieks en programme is. As jy die dag ‘n fliek wil kies om te kyk, dan moet jy eers besluit watter kategorie of genre fliek jy wil kyk… Aksie? Drama? Comedy? Series? Science-fiction? Jy gaan met ‘n verskillende ingesteldheid na elkeen kyk. Sommige flieks gaan jou laat lag, ander gaan jou iets leer? Soms gaan ‘n fliek jou laat ontspan, ander kere gaan dit jou uitdaag.  Dieselfde geld met die verskillende Bybel-boeke. Genesis en Psalms is verskillende tipe boeke en klink verskillend. ‘n Mens kan nie Jesaja en Johannes op dieselfde manier lees nie. Filippense en Openbaring is nie met dieselfde doel geskryf nie.

Wenke wanneer jy Bybel lees

  • Ken die groot gebeure (storielyn) van die Bybel.
  • As jy ‘n boek lees, vra jouself af waar in die storielyn dit inpas.
  • Kyk of die tema van die teksgedeelte iets is wat deurlopend in die Bybel belangrik is, of net in daardie tydperk van die storie (bv. offers, slawerny, oorlog, kerk, genade, die Gees).
  • Probeer om ‘n hele boek (bv. Lukas) deur te lees oor tyd (en nie net los tekste nie.
  • Vind meer uit oor die agtergrond en karakters in die verhaal.
  • Laat die Gees jou lei om die waarheid in die verhaal te ontdek sodat die verhaal jou raak en vorm.

Webwerf oor depressie

Webwerf oor depressie: depressie101

Hierdie is ‘n baie handige webwerf vir mense wat inligting benodig oor depressie, angs en selfmoord. Daar is ‘n afdeling met inligting sowel as ‘n afdeling wat raad gee oor hoe ‘n mens die siekte van depressie bestuur in jou lewe. Daar is ‘n maandelikse nuusbrief met nuttige inligting, sowel as kontakbesonderhede van instansies wat hulp kan verleen. Hierdie organisasie doen ook opvoedkundige toneelopvoerings by skole en kerke en lewer praatjies vir tieners of ouers.

http://depressie101.co.za/

Project School’s se mentorskap program

Project School’s se mentorskap program

Kinders en tieners is baie meer by die skool as by die kerk – dus bly die skool ‘n belangrike ruimte vir invloed. In die Mentorskap program van Project Schools gebruik hul jongmense wat in die skool was en plaas hulle in hul eerste jaar na skool terug in die skool. Hulle staan dan bekend as jeug “mentors”. Hulle is nie jeugwerkers nie, maar dien eerder die oë en ore van die jeugwerker. Die jeugmentors verwys dan tieners wat gesprek nodig het na die jeugwerkers/ predikante / beraders wat by die skool betrokke is.

Sleutel sukses elemente:

  1. Opleiding – jy sit iemand in die skool sonder opleiding en met lae salaris. Hy/sy word egter deurgaans ge-mentor deur die predikante. Verwag van hom/haar om iets te swot deur die jaar.
  2. Hy/sy moet self ook die mentorskap uitleef soos wat hy self ge-mentor word. Dissipelskap is baie belangrik.
  3. Spanbenadering – kry verskillende denominasies se inkoop en saamwerk aan die projek. Die jeugmentors verbind dus jongmense aan die tieners se eie denominasie en nie aan een denominasie of gemeente nie.
  4. Mentors bly weg van dogmatiek of kerk-spesifieke teologie. Die Bybel en geloof is sentraal, maar dit is ruim genoeg dat ander gelowe ook veilig voel. Die fokus bly life-coaching en vriendskap.
  5. Daar is uitdagings met die jong mentors. Hulle is pas self uit hoërskool en hulle “coolness” faktor oorskadu soms die bedingingsfaktor. Hy/sy is soms te cool vir “nie-cool” kinders om veilig te voel en hom/haar te nader. Hou aan om mentors diensbaarheid en toeganklikheid te leer.
  6. Daar moet ‘n formele werksonderhoud en proses wees ‘n met kontrak, verlofdae en spesifieke verantwoordelikhede.
  7. Die jeugmentors is ook betrokke by hul spesifieke gemeente waar hul ook diensbaar is. Ander kerke kan ook hul nader vir hulp.

Vir meer inligting oor Projectschools besoek hul webblad www.projectsschools.co.za of vind hul op facebook.

Hierdie was deel van die energiegesprek oor skolebediening in 2016. Vicus Kruger (jeugwerker) het verduidelik hoe Project Schools te werk gaan in die skole van die Bellville omgewing.

my “image” – ‘n les oor identiteit

My “IMAGE”

Ysbreker

Watter dinge is in jou omgewing (vriendekring of skool) belangrik vir mense se “image”? Dink aan tipe klere, musiek, woordeskat, aktiwiteite, attitude, haarstyl, ens?

Watter groepsdruk ervaar mense om die regte “image” te hê?

Skryf neer – watter 5 woorde sou ander mense gebruik om jou te beskryf.

watter 5 woorde sou JY kies om jouself (jou ware self) te beskryf?

gesels – is die woorde dieselfde of verskillend? hoekom?

 

Inleiding

Ons kyk baie kere na mense en die dinge wat hulle doen en dan besluit ons hoe hulle is. Jy kyk dalk na die ou wat baie gym en ek besluit dat hy bietjie dom is. Jy  kyk dalk na die meisie wat hokkie speel en besluit dat sy aggressief is. Wanneer ons dan oor mense begin praat, volgens die prentjie in ons koppe, begin ons ook om ander mense se persepsies te beïnvloed. Wanneer ons ander dan volgens ons persepsies behandel, kan ons hulle beïnvloed om dit te glo dat hulle wel is wie ons dink hulle is. Jesus doen dieselfde met ons, maar altyd in ‘n positiewe manier; hy praat en behandel ons op ‘n nuwe manier wat ons identiteit vorm. Sy oortuiging is egter nie beïnvloed deur wat ons doen nie, maar beïnvloed deur die waarheid dat God ons geskep het, ons liefhet en geroep het.

Luister: Lukas 19:1-10  JESUS EN SAGGEUS

Dink:

  • Wie was Saggeus volgens die mense?
  • Wat dink jy het Saggeus oor homself gedink?
  • Volgens Jesus, wie was Saggeus?
  • Watter effek het die manier waarop Jesus na Saggeus gekyk het op Saggeus se lewe gehad?
  • Op watter maniere kan jy jouself in Saggeus se skoene inleef?
  • Hoe beïnvloed hierdie verhaal die manier waarop jy na ander kyk?
  • wat beteken dit vir jou om jou “identiteit in Jesus” te vind?

Doen:

  • Elke keer wanneer jy vandag in ’n spieël kyk, sê vir jouself: “Ek is ’n kind van God. Ek is ’n vry mens.”

Bid:

  • Lees die teks weer stadig deur. Vra die Heilige Gees om ’n woord of ’n prentjie in jou gedagtes te laat opkom wat jou sal help om jouself te sien soos Hy jou sien, maar ook om ander mense te sien soos Hy hulle sien. 

Prakties:

  • Skryf jou naam van bo na onder op ’n skoon bladsy. Kry by elke letter van jou naam ’n woord wat een van jou beste eienskappe beskryf. Plak dit in jou kasdeur of enige plek waar jy dit gereeld sal raaksien om jou te herinner aan hoe God jou ook sien.
  • Dink aan iemand wat jy gewoonlik beoordeel omdat hy/sy anders is. Besluit om wanneer jy daardie persoon weer sien, hom/haar vriendelik te groet.

In jou familie:

  • Laat druk ’n foto van elkeen in jul familie. Laat almal in julle huis die mooiste of beste eienskap van die een op die foto agterop neerskryf, saam met ’n een-sin-gebed.
  • Soek ‘n boom wat net reg is vir boomklim. Hoeveel uit jul familie kan in die boom klim? Gesels daarna oor hoekom Saggeus in ‘n boom geklim het.

Vir meer oor jou identiteit in Christus besoek www.onsglo.co.za 

of laai die toep gratis af by die google playstore of appstore.

‘n 3-5 week reeks oor die Bybel

‘n 3-5 week reeks oor die Bybel

Laat elke tiener, kategeet en ouers die gratis toep “onsglo” aflaai op hul selfone (op die appstore en google play store beskikbaar)

https://play.google.com/store/apps/details?id=za.co.onsglo&hl=en

https://itunes.apple.com/za/app/ons-glo/id1220885509?mt=8

Die inhoud is ook op die webtuiste www.onsglo.co.za beskikbaar.

Gebruik dan die Bybelstudies en “lees meer” gedeeltes onder die afdeling “Bybel”. Daar is ‘n teks en gespreksvrae vir die kategese kleingroepe. Vir die kategeet is daar ‘n “delf dieper” gedeelte om te lees. Daar is ook telkens ‘n aktiwiteit, gebedswenk en tiener fokus by elke onderwerp. Doen dit vir 3 weke (tema 1-3) of vir 5 weke (voeg tema 4 en 5 by). Ouers kan aangemoedig word om saam met die tieners die reeks te volg en tuis dit ook saam te doen.

Week 1: Inspirasie van die Bybel

Esegiël 2: 9 – 3:3

Delf dieper – Coenie Burger

 

Week 2: Konteks van die Bybel

Josua 6:1-21

Delf dieper – Ian Nell

 

Week 3: Hoe lees ons die Bybel

Lukas 2: 41-52

Delf dieper – Julie Claassens

 

Week 4: Onderskei God se stem

1 Samuel 3: 1-18

Delf dieper – Tiana Bosman

 

Week 5: Die Heilige Gees

Handelinge 1:1-8

Delf dieper – Henco van der Westhuizen