whatsapp

Pinkster materiaal vir tieners

On the Journey – Tiener preekreeks of kamp met 5 sessies

Die reeks bevat 5 sessies en sluit aan by die #imagine tema van 2017, maar herhaal dit nie. Dit is geskryf vir pinkster maar kan ook enige tyd van die jaar gebruik word. Dit sluit 5 preekriglyne in, asook voorstelle vir gebedstasies en grootgroep speletjies by elk. Dit kan ook maklik gebruik word vir ‘n kamp.

Vir die program in PDF formaat, klik hier: On the journey – ‘n reeks of kamp vir tieners

Vir die verskillende media prentjies waarna verwys word in die materiaal, klik hier.


Elektroniese Tiener Pinkster

Sosiale media is deel van die meeste tieners se leefruimtes en kan daarom maklik gebruik word om tieners te bereik wat nie altyd by die kerk kan uitkom nie. Hierdie reeks is saamgestel uit 8 Bybelstudies vanaf die Ons Glo webtuiste of toep, wat fokus op Pinkster-tema’s, met ‘n Whatsapp prentjie en Facebook plasing vir elke dag.

Hoe werk dit?

Die reeks is opgestel om oor 8 dae te loop soos hieronder voorgestel, maar voel vry om dit te gebruik soos benodig.

  • Donderdag: Hemelvaart
  • Sondag: Heilige Gees
  • Maandag: Geloof
  • Dinsdag: Kerk
  • Woensdag: Gebed
  • Donderdag: Gehoorsaamheid
  • Vrydag: Getuienis
  • Sondag: Gawes
Vir elke dag is daar ‘n Whatsapp prentjie wat uitgestuur kan word aan die verskillende tienergroepe.
  1. Laai die Whatsapp prentjies met ‘n skakel na die dag se Bybelstudie, sowel as die “Whatsapp Boodskap” dokument op jou rekenaar af.
  2. Gaan na www.web.whatsapp.com (om Whatsapp boodskappe vanaf jou rekenaar te stuur).
  3. As jy nog nie op die website ingelog is nie, maak Whatsapp op jou foon oop, gaan na die menu (die 3 kolletjies onder mekaar regs in die hoek), klik op Whatsapp Web, en scan die QR kode wat op die website wys met jou foon se kamera. Dit behoort jou dadelik na jou Whatsapp te neem.
  4. Gaan na die betrokke groep/persoon vir wie jy die prentjie wil stuur.
  5. Klik op die attach (skuifspeld) ikoon regs bo, en dan op die pers foto ikoon wat sê “photos & videos”.
  6. Dit sal jou rekenaar dokumente oopmaak. Soek die prentjie wat jy wil stuur en heg dit aan.
  7. As jy wil, maak dan op jou dokumente die “Whatsapp Boodskap” Word dokument oop, copy die betrokke prente se boodskap en paste dit onderaan die prentjie op jou Whatsapp chat.
  8. En nou…druk stuur!

Daar is ook ‘n Facebook post met van die inligting van die dag se Bybelstudie wat gedeel kan word op Facebook, sowel as ‘n dokument met die skakel wat jy in die “write” gedeelte op jou Facebook plasing kan sit.

Alles wat jy nodig het, kan jy hier onder aflaai:

Whatsapp prentjies

Elektroniese Tienerpinkster boodskap gedeeltes vir Whatsapp prentjies

Facebook prentjies  

Elektroniese Tienerpinkster boodskap gedeeltes vir Facebook posts

Die webtuiste kan besoek word by www.onsglo.co.za of laai die volledige toep af op jou slimfoon deur in jou playstore te soek vir “Ons glo”.